William Henry Ford’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African architect and designer
Was Architect 
Designer 
From Australia 
South Africa 
Type Arts 
Creativity 
Engineering 
Gender male
Birth 1868, Australia
Death 1921
(aged 53 years)

William Henry Ford (1868, Australië – 1921, Suid-Afrika) was ’n Suid-Afrikaanse argitek en ontwerper van Australiese herkoms wat verantwoordelik was vir van die mooiste kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

In Australië

Ford was die seun van Frederick en Charlotte Ford. Hy het sy opvoeding ontvang aan die Scotch College en die Universiteit van Victoria. Hy word in rekords vermeld as in praktyk in Coolgardie, Wes-Australië in 1897. In 1898 het hy ‘n vennootskap gevorm met Edwin Summerhayes (1868–1944). Hy het ‘n ruk in Claremont gewoon terwyl hy en Summerhayes aan die reusagtige Coolgardie Exhibition Building gewerk en ander geboue in die Australiese goudveld ontwerp het. ‘n Brand het die tentoonstellingsgebou op 25 Julie 1929 in puin gelê nadat dit geruime tyd leeg gestaan en vervalle geraak het.

Coolgardie was in die dae toe Ford daar gewoon het, Wes-Australië se derde grootste nedersetting met 60 winkels, 26 hotels, vier klubs, drie brouery, sewe koerante, ses banke, twee aandelebeurse, 25 aandelemakelaars, vier skole, twee teaters, talle aanbiddingsplekke en ‘n perderesiesbaan. In 1899 het die dorp sy eie Groot Tentoonstelling aangebied, by name “The Western Australian International Mining and Industrial Exhibition”. Dit het die bou van ‘n reuse-tentoonstellingsgebou vereis, wat Ford en Summerhayes ontwerp het. Sowat 61 000 mense het die tentoonstelling besoek, maar ongelukkig was dit die begin van die nieamptelike hoofstad van die Oostelike Goudvelde se agteruitgang, want die goudbronne het aan die begin van die 1900’s begin agteruitgaan. Dieselfde vennootskap was verantwoordelik vir die Coolgardie-stadsaal.

Na Suid-Afrika

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy na Suid-Afrika gekom en ná die oorlog hom op die ontwerp van Afrikaans-Hollandse kerke toegespits.

Hy het in die Kaapprovinsie, Oranje-Vrystaat en Transvaal gewerk en veral NG kerkgeboue ontwerp, waarvan die mees uitstaande waarskynlik dié van die moedergemeente op Kroonstad in die Vrystaat is. Die eerste gebou wat met sekerheid aan hom toegeskryf kan word, is die NG kerkgebou op Hanover in die Karoo (1908).

Hy het omstreeks 1912 op Kroonstad gewoon en is indertyd toegelaat as ’n Lisensiaat-lid van die RIBA (die Koninklike Instituut van Britse Argitekte), toe hy reeds lid was van die Kaapse Instituut van Argitekte. Enkele maande daarna het hy na Frankfort, ook in die Vrystaat, verhuis, waar hy die Gereformeerde kerk Frankfort se eerste kerkgebou ontwerp het. Teen 1915 het hy in Kaapstad gewoon, maar in die 1915/’16-kalender van die RIBA was hy weer op Frankfort woonagtig. In 1921 het hy die NG kerk in Benoni ontwerp, maar hierna is amper niks van sy loopbaan of lewe bekend nie. Blykbaar het hy in Suid-Afrika meestal kerke ontwerp.

Lys NG kerke ontwerp

  • Aurora, 1909
  • Benoni, 1921
  • Burgersdorp, 1913
  • Dealesville, 1912
  • Frankfort, 1912
  • Hanover, 1908
  • Heidelberg, Wes-Kaap, 1914
  • Jamestown, 1912
  • Kroonstad, 1914
  • Sterkstroom, 1914
  • Ventersburg, 1913
  • Vosburg, 1909

Gereformeerde kerk

  • Gereformeerde kerk Frankfort, 1913

Galery

Bronne

  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Artefacts.co.za. URL besoek op 10 Oktober 2013.
  • Design and Art Australia Online. URL besoek op 10 Oktober 2013.

Verwysings

Eksterne skakels

  • (en) Nadere besonderhede en foto’s oor die NG kerk op Frankfort op Artefacts.co.za. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (en) Foto’s van die NG kerk op Jamestown op Artefacts.co.za. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (en) ‘n Onlangse foto van die NG kerk op Ventersburg op Artefacts.co.za URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (en) Foto’s van die NG kerk op Vosburg op Artefacts.co.za. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (en) Benoni se voormalige NG kerk soos te sien op Google Maps. Nadat Benoni-Wes se gemeente by die moedergemeente ingelyf is, het die gemeente verhuis na die Wes-kerk, net twee straatblokke daarvandaan. URL besoek op 18 November 2014.
  • (en) Die Sandveldse dorpie Aurora se NG kerk soos te sien op Google Maps. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (en) Kroonstad se NG moederkerk soos te sien op Google Maps. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  • (af) ‘n Foto van die kerk op Dealesville op Versindaba. URL besoek op 26 November 2014.
You May Also Like