Thomas de Ridder’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African architect
Is Architect 
From South Africa 
Type Engineering 
Gender male
Birth 1964
Age: 56 years

Johannes Thomas de Ridder (noemnaam Thomas, Pretoria, 20 Februarie 1964 – Pretoria, 23 Oktober 1982) was ’n argitektuurstudent.

Herkoms en skooljare

Johannes Thomas (Thomas) de Ridder is in die Eastwoodkraam-inrigting in Pretoria gebore as die jongste van die vier kinders van Johan en Suzette de Ridder. Hulle is in 1956 getroud. Die ander kinders was Johannes Andries (Johan, 1958, was getroud met Elizabeth Helena [Helene] van der Merwe en het drie seuns gehad; oorlede op 12 November 2012 aan breinkanker), Gertruida Anna Susanna (Trudy, 1959, was getroud met Nicholas Anthony [Nic] Borain) en Josephus Marthinus (Tienie) (1962).

Thomas het opgegroei te Herbert Bakerstraat 56, Groenkloof, Pretoria, en sy laerskooldae deurgebring aan die Laerskool Anton van Wouw, waarna hy sy skoolloopbaan voltooi het aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretorie. In 1981 het hy matriek geslaag met onderskeiding in vier vakke. Hy hel veral uitgeblink in kuns en vir drie jaar agtereenvolgens die hoogste punte in sy klas in hierdie vak behaal.

Universiteit

Begin 1982 het hy aangesluit by sy broer Tienie en met groot idealisme ingeskryf as student aan die Universiteit van die OVS vir die B.A. in Argitektuur. Hier het hy pragtig presteer en besonderse talent geopenbaar. As inwoner van Reitz-kamerwonings het hy deelgeneem aan die studentelewe en sy koshuis in die eerste waterpolospan, die tennisspan en muurbalspan verteenwoordig, asook vir die Kossakke gesing.

Buitemuurse aktiwiteite

Elf jaar lank was hy, wat ook ’n besondere belangstelling en liefde vir sy volk en vaderland gehad het, ‘n aktiewe lid van die Voortrekkerbeweging en in die Dirkie Uys-kommando het hy ook sy leierseienskappe as spanleier getoon.

Etlike jare lank het hy klavierlesse geneem by Peter Cruse en daarna by mej. W. de Wijn, en ook op dié gebied aansienlik talent openbaar en met sy gevoelvolle klavierspel sy ouerhuis versier. Die laaste herinnering van hom, het sy ouers vertel, was die 5de klavierkonsert van Beethoven waarna hy enkele ure voor sy dood geluister het.

Waardering en dood

Sy ouers skryf in sy begrafnisbrief: “As ernstige en gelowige seun was hy ‘n getroue kerkganger en lidmaat, eers van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside en die laaste maande van sy lewe van die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Wes. Ook in die kerk het by ‘n aktiewe bydrae gelewer as voorsitter van die JV.”

Hulle skryf: “As fyngevoelige en kunssinnige mens was hy ‘n liefdevolle en dankbare kind vir sy ouers, ‘n lojale en eerlike vriend vir baie en ‘n opregte broer. Vir sy jong leeftyd het hy ‘n besondere begrip getoon vir die lyding en beproewing van ander.”

Sy onverwagte en skielike heengaan in die vroeë oggendure van 23 Oktober 1982 in die ouderdom van 18 jaar en agt maande in ‘n motorongeluk in Mainstraat, Pretoria, het ‘n onherstelbare leemte in sy ouerhuis en vriendekring gelaat, maar veral ook by sy vriendin Ilse Nolte vir wie hy so lief was. Hy is op Woensdag 27 Oktober 1982 uit die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside begrawe.

Bronne

  • (en) Sy begrafnisbrief, 27 Oktober 1982.

You May Also Like

Orny Adams’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Orny Adams net worth: Orny Adams is an American actor, writer, and stand-up comedian who has a net worth of $2 million. Orny Adams was born in Lexington, Massachusetts in November 1970. As an actor he is best known for starring as Coach Bobby Finstock on the MTV television series Teen Wolf starting in 2011. Adams also appeared in the 2003 short Montgomery West and the Wings of Death and in the 2009 film Funny People. He produced and directed the 2006 video Path of Most Resistance. Adams also wrote and produced the TV special Orny Adams: Takes the Third in 2010. He was featured in the 2002 documentary Comedian. Adams has also appeared on episodes of the TV series Late Show with David Letterman, Last Call with Carson Daly, Tough Crowd with Colin Quinn, The Tonight Show with Jay Leno, Comics Unleashed, Just for Laughs, Conan, WGN Morning News, and more.
Read More