Zahn de Bruyn’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African poet
Is Poet
From South Africa
Type Literature
Birth

1965

Age 56 years

Zahn de Bruyn is ‘n Afrikaanse digter en programbestuurder by die Universiteit Stellenbosch se Sakeskool.

Lewe en werk

Zahn de Bruyn is in 1965 in Kaapstad gebore en word op ‘n kleinhoewe by The Crags, naby Plettenbergbaai groot. Sy matrikuleer in 1982 aan die Hoërskool Knysna en studeer daarna vanaf 1983 verder aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy in 1986 ‘n B.A.-graad behaal met Frans, filosofie en politieke filosofie as hoofvakke. Daarna reis sy van Oktober 1988 in die buiteland en vertoef onder meer in Israel, Oos-Europa en Parys, waar sy onder andere ‘n sieklike bejaarde vrou oppas. Sy word later ‘n programbestuurder by die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool vir uitvoerende bedryfsleieropvoeding. Ná haar troue staan sy bekend as Zahn de Bruyn-Stander.

Skryfwerk

Sy debuteer reeds op agtienjarige leeftyd met die bundel Kaia vir die tye. Hierin word veral die skoollewe en jeugdige gevoelens ontgin. Hoewel die beperkte lewensraamwerk uit die tematiek blyk, toon die bundel tog groot belofte met ‘n vars kyk op bekende dinge, beskryf met ‘n positiewe drif en die direktheid van onskuld. Haar gedig Wêreld word in die Noordwesprovinsie en in die Wes-Kaap voorgeskryf vir eksaminering van Afrikaans as Tweede Taal. In 2000 wen haar gedig Train ponderings of a drowning rat ‘n tweede prys in ‘n kompetisie uitgeskryf deur die “Poetry Institute of Africa”. Van haar gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte en Goudaar. Sy publiseer ook in letterkundige tydskrifte soos Standpunte. Haar kortverhaal Die afspraak word opgeneem in die versamelbundel Vrou: Mens saamgestel deur Corlia Fourie.

Publikasies

Jaar Publikasies
1983 Kaia vir die tye

Bronnelys

Boeke

  • De Bruyn, Zahn “Kaia vir die tye” Tafelberg-Uitgewers. Kaapstad. Eerste uitgawe. Eerste druk. 1983
  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe. 2005

Internet

  • Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=De_Bruyn,_Zahn

Resensies

You May Also Like

Peter Wolf’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Peter Wolf is an American musician who has a net worth of $8 million. Peter Wolf was the lead vocalist of The J. Geils Band, and he has had a successful solo career spanning more than three decades. Wolf was a disc Jockey in the late 1960s for Boston FM, where he became interested in rhythm and blues. The rocker later formed the group The Hallucinations, performing with rhythm and blues legends Muddy Waters, John Lee Hooker, and Van Morrison. Peter left the group to join The J. Geils Band in the late 1960s. Due to differences of opinion, Wolf left the band in 1983 after releasing 10 studio albums with them, including “Bloodshot” (1983), “Sanctuary” (1978), “Love Stinks” (1980), and “Freeze Frame” (1981). The band had a #1 hit with the 1981 single “Centerfold.” As a solo artist, Wolf has released the albums “Lights Out” (1984), “Come as You Are” (1987), “Up to No Good” (1990), “Long Line” (1996), “Fool’s Parade” (1998), “Sleepless” (2002), “Midnight Souvenirs” (2010), and “A Cure for Loneliness” (2016). His 1984 single “Lights Out” peaked at #12 on the “Billboard” Hot 100 chart, and “Rolling Stone” magazine ranked his 2002 album “Sleepless” #427 on its 2003 list of the “500 Greatest Albums of All Time.”
Read More