| Intro | South African musician |
| Was | Musician |
| From | South Africa |
| Type | Music |
| Gender | male |
| Birth |
1963 |
| Death |
4 May 1998, Saldanha, South Africa |
Worsie Visser (1963 – 4 Mei 1998) was ‘n bekende Afrikaanse sanger. Visser was bekend vir liedjies soos Lekker ou Jan, Ek en My Meisie, Boesmanland, Gee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai. Hy is op 35-jarige ouderdom in ‘n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede. Ná sy dood het dit bekend geword dat sy stembande besig was om in te gee en dat sy sangloopbaan waarskynlik verby was.
Visser se broer, Michiel, het die baskitaar in Worsie se Boesmanland-orkes gespeel. Hy het later self ‘n paar CD’s uitgereik, onder andere Kom kuier by my, Lekker Boesmanland, Hier’s ek weer en Bitter snare.
Een van Worsie se kitaarspelers, Zirk Bergh, later ‘n sanger uit eie reg, het homself en verskeie ander op 14 Desember 2013 om die lewe gebring.
Diskografie
- Die Boesmanland Bundel, 2009
- Dis My Kontrei
- Vroeteltreffers Uit Boesmanland, 2004
- Res Van Die Bes – Nog Meer Treffers Van Doerietyd
- Seun Van Bitterfontein
- Treffers Van Doerie Tyd Tot Nou, 2004 TRIO
- Ou Bokke En Groen Blare
- Gee Die Hond Wind
- Lekker Ou Jan, 1997 TRIO
- Pa Se Klong LP, 1991 VENUS/TRIO
- My Hart Is Daar LP, 1988 TRIO
- Gee Hom Gas
- Dis My Kontrei LP
- Die WP Bossanova / Dankie Is Maar Al 7, 1965 VENUS
Verwysings
Sien ook
- Afrikaanse musiek
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels
- Boesmanland op YouTube
- Ek en my meisie op YouTube