Vaalswaer’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro escritor sudafricanu
Is Writer
From South Africa
Type Literature
Gender male
Birth

1870, Cradock

Vaalswaer was die skuilnaam van Izak van Heerden (1870–1958), sekretaris van die Afrikaanse Taalgenootskap wat in 1905 in Pretoria onder leiding van Gustav Preller gestig is om die Afrikaanse taal te bevorder, en skrywer van vele bydraes vir Die Brandwag wat later in boekvorm gepubliseer is.

Lewe en werk

Izak Johannes van Heerden was in 1870 in die distrik Cradock gebore, waar hy op ’n plaas in die Sneeuberge grootword. Sy skoolopleiding ontvang hy plaaslik in Engels. Hy gaan later na Pretoria, waar hy aanvanklik in ’n prokureurskantoor werk Hy ontmoet vir Hester Debora Maria Rabie, die latere bekende Tannie van Die Brandwag, in Pretoria en hulle is in 1897 getroud. Die huwelik is kinderloos. Hy is op 13 Desember 1905 in Pretoria saam met onder andere Gustav Preller ’n stigterslid van die Afrikaanse Taalgenootskap, by welke vergadering hy ook as sekretaris op die bestuur verkies word. Tot en met die ondergang van Die Brandwag in 1922 wy hy hierna tesame met sy werkspligte baie van sy tyd aan die taalstry Saam met sy vrou trek hy in 1922 vanaf Pretoria na Potgietersrus. Hy is op 27 Februarie 1958 oorlede

Skryfwerk

Reeds in 1905 skryf hy die gedig Een van sin om die taalstryd te bevorder. Hierdie gedig word op 19 Oktober 1905 in De Afrikaner in Pietermaritzburg gepubliseer en ook deur Gustav Preller in De Volkstem. Onder die naam Vaalswaer skryf hy anekdoties-didaktiese herinneringe, wat aanvanklik in 1916 as ’n reeks in Die Brandwag verskyn, waarna dit later gebundel word as Herinneringe van ’n jagter. Hierdie verhale gee eerder waarnemings en bepeinsings van die jagter weer as opwindende jagavonture, hoewel hy ook anekdotes deur die verhale vleg.

Publikasies

Jaar Publikasies
1916 Herinneringe van ’n jagter

Bronnelys

Boeke

  • Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk. Derde hersiene uitgawe.  Tweede druk, 1964.
  • Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk, 1970.
  • Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica. Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984.
  • Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe, 1969.
  • Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch- Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk).
  • Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1998.

Internet

  • Digitale Bibliotheek voor Nederlandse Letteren: http://www.dbnl.org/tekst/_nuw001192901_01/_nuw001192901_01_0039.php
  • Rabie Annale: http://ggjbay.blogspot.co.za/2015/04/rabie-annale-4.html

Verwysings

You May Also Like

Curtis Conway’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Curtis Conway net worth: Curtis Conway is an American former professional football player who has a net worth of $10 million. That is a combined net worth with his wife, Laila Ali. Curtis Conway was born in Los Angeles, California in January 1971. He was a wide receiver who played at Hawthorne High School and played his college football at USC where he was a first team All-American in 1992. Conway was drafted #7 overall by the Chicago Bears in the 1993 NFL Draft. He played for the Bears from 1993 to 1999. Curtis Conway played for the San Diego Chargers from 2000 to 2002, the New York Jets in 2003, and the San Francisco 49ers in 2004. During his NFL career he had 594 receptions for 8,230 yards and 52 receiving touchdowns. He has worked as an analyst for NFL radio broadcasts, the NFL Network, the Pac-12 Network, and the San Diego Chargers. In 2007 he married Laila Ali and the couple has two children.
Read More