Stef Kruger Hiervandaan’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African musician
Is Musician 
From South Africa 
Type Music 
Gender male
Birth  
Springfontein, Kopanong Local Municipality, Xhariep District Municipality, South Africa

Stef Kruger is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is. Van sy bekende liedjies sluit in Pennies op die spoor, Grassade in die wind en Tussen jou en my. Kunstenaars soos Dozi, Koos Kombuis, Bobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem.

Kruger was vir 25 jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermaaklikheidseenheid waar hy tromme gespeel het, maar het ook sy musiekeksamen op die dwarsfluit afgelê.

Hy het verskeie pryse vir sy werk ontvang, waaronder Vonk Musiek se toekenning as beste liedjieskrywer van die jaar asook Die Orde van die Goue Pen, ‘n toekenning vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans in 2012. Verskeie van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem.

Diskografie

  • Hiervandaan, 2013 VONK MUSIEK
  • Skilder jou liefde, 2011 VONK MUSIEK
  • Grootverlang, 2007 VONK MUSIEK/RMD/SELECT
  • Pelgrimsreisiger, 2004 EMI/GOLDENDREAMS

Verwysings

Sien ook

  • Afrikaanse musiek
  • Suid-Afrikaanse Musikante

Eksterne skakels

  • Stef Kruger se Facebook-bladsy
  • Kronkelpad beloftes op YouTube
You May Also Like