Schalk Bezuidenhout’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African comedian
Is Comedian 
Actor 
From South Africa 
Type Film, TV, Stage & Radio 
Humor 
Gender male
Birth Kempton Park, South Africa
Education
University of Cape Town

Pieter Hendrik Schalk Bezuidenhout, gebore op 22 April 1992 in Kemptonpark, is ‘n Suid-Afrikaanse komediant. Hy het sy grootwordjare deurgebring in Kemptonpark, Gauteng. Nadat Bezuidenhout matrikuleer het aan Hoërskool Jeugland, het hy BA Drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad. In 2015 het hy sy honneursgraad cum laude verwerf.

Bezuidenhout se kreatiewe en oorspronklike raakpunte tydens sy vertonings, maak dat gehore kan identifiseer en die humor selfs in ‘n slegte situasie raaksien. Tydens sy studentejare het hy kwessies begin bevraagteken oor die samelewing en dit is hoe hy besluit het om ‘n komediant te word, sodat hy vreemde sienings en gebruike in die samelewing kan uitlig op ‘n ligte, komiese wyse. In 2018 het Bezuidenhout die rol van Johan Niemand in die film, Kanarie, gekry wat geskoei is op die ervaringe van die mede-skrywer en musiekregisseur, Charl-Johan Lingenfelder. Die film is goed ontvang en het grense verskuif in terme van mense se vooropgestelde idees oor homoseksualiteit.

In 2015 is Bezuidenhout deur Comic’s Choice-prysgeleentheid as die beste in sy portuurgroep aangewys.

In 2018 is die kykNET televisiereeks, Die Ware Naarheid, van stapel gestuur met Bezuidenhout as die skrywer van die teks en nuusleser en Bibi Slippers en Erns Grundling as mede-aanbieders van die program. Bezuidenhout word gekenmerk deur sy kleurvolle truie en krulhare.

Opvoerings

  • Snorseun; geskryf en opgevoer deur Schalk Bezuidenhout (2018; 2019)
  • South African White Boy; (2018)
  • Blacks Only; (2013)

Televisie

  • Trippin With Skhumba; in ‘n reeks van 30 episodes, wat bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se grootword plekke dokumenteer, is Bezuidenhout se biografie ook in een van die episodes. (2019)
  • Hotel; vertolk die rol van Danny Beyers (2016)
  • Die Kliek; aanbieder (2017)
  • Die Ware Naarheid; Nuusleser van die program (2018; 2019)
  • Die Spreeus; vertolk die rol van Mnr. Scheepers (2019)

Film

  • Kanarie; vertolk die rol van Johan Niemand (2018)
  • Beloofde Land; kortfilm; vertolk die rol van President-generaal Lodewyk Mouton (2016)
  • Material Two; vertolk die rol van Hendrick (2020)

Skryfwerk

In Junie 2018 het Bezuidenhout sy eerste boek geskryf getiteld: Truitjie Roer My Nie. Die boek bestaan uit kort staaltjies vanuit Bezuidenhout se oogpunt van sy leefwêreld en hoe hy vreemde sienings en situasies ontrafel om sin daaruit te maak en om die leser te dwing om op ‘n komiese wyse na gewidtige onderwerpe te kyk.

Persoonlike lewe

In 2019 het Bezuidenhout verloof geraak aan Mica McKechnie.

Toekennings

  • DStv Viewer’s Choice-toekenning: Gunsteling komediant van die jaar (2018)
  • ATKV-Mediaveertjie  (2016)
  • Huisgenoot Tempo-toekenning (2016)
  • Comic’s Choice-toekenning: Komediant van die Jaar (2017)
  • SAFTA-toekenning: vir sy ondersteunde rol in die kykNET-komediereeks, Hotel. (2018)
  • Kanna-toekenning: Beste Opkomende Kunstenaar (2016)

Bronnelys

  • https://schalkbezuidenhout.com/gallery.html
  • http://capetowncomedy.com/portfolio/schalk-bezuidenhout/
  • https://stories.showmax.com/5-things-to-know-about-schalk-bezuidenhout/
  • https://www.imdb.com/title/tt10449564/fullcredits/?ref_=tt_ov_st_sm
  • https://raru.co.za/books/5992607-truitjie-roer-my-nie-schalk-bezuidenhout-paperback
  • https://www.channel24.co.za/The-Juice/News/schalk-bezuidenhout-popped-the-question-and-she-said-yes-20191023
  • https://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/elma-smit-gesels-met-schalk-bezuidenhout-20160731
  • https://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/n-kanarie-en-die-land-met-al-sy-boelies-20181107
  • https://kemptonexpress.co.za/35401/ex-jeugie-makes-his-name-as-comedian/
You May Also Like

Donna Karan’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Donna Karan net worth: Donna Karan is an American fashion designer who has a net worth of $500 million dollars. Born October 2, 1948 in New York City, New York, Donna Karan started her own line of clothing, also known as DK and DKNY (Donna Karan New York), in the 80s. In the 1960s, Karan worked as an assistant designer under designer Anne Klein and was eventually promoted to associate designer in 1971. When Anne Klein died in 1974, the Klein’s company was purchased by a Japanese corporation and Karan became head designer, along with friend and former classmate Louis Dell’Ollio. Karan launched her first women’s clothing line in 1985. Under her stint at Anne Klein, Karan won the Coty American Fashion Critics’ Award in 1977 (together with Louis Dell’Ollio). She was also inducted into the Coty Hall of Fame in 1984. She was named Menswear Designer of the Year in 1992 by the Council of Fashion Designers of America and was presented with the Lifetime Achievement Award by the CFDA in 2004. She went on to win four other special awards by the CFDA between 1985 and 1987. Born Donna Ivy Faske, she married Mark Karan in the early ’70s and took his last name. The couple had a daughter and subsequently divorced in 1978. In 1983, she married artist Stephan Weiss, who would later become co-CEO of the Donna Karan company. Husband Weiss died of lung cancer in 2001.
Read More