S.G. du Toit’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

From South Africa 
Gender male

S.G. du Toit (*3 Februarie 1855 –† 3 Mei 1898, Rawsonville) was ‘n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en eerste sekretaris van hierdie organisasie.

Lewe en werk

Stephanus George du Toit is op 3 Februarie 1855 gebore as die seun van Anthonie Eduard du Toit en Martha Elisabeth Charlotta Hauptfleisch. Op ongeveer twintigjarige ouderdom kom hy na die Paarlse Gimnasium om sy skoolopleiding te ontvang. Omdat hy teen hierdie tyd reeds volgroeid was, met ’n welige bos baard, het hy verkies om nie tussen die jong seuns in dieselfde klas te sit nie. Voorlopig neem hy dan private lesse by ds. S.J. Du Toit en loseer ook by hom in ’n buitekamer. Later begin hy om lesse by die Gimnasium by te woon.

Op 14 Augustus 1875 is hy een van die stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners. Verskeie van die notules van die vergaderings van die GRA verskyn in sy handskrif. Nadat hy as onderwyser kwalifiseer word hy skoolhoof op Rawsonville, ’n pos wat hy tot met sy dood beklee.

Hy is getroud met Anna Aletta Smit. Die egpaar het ’n seun, Anthonie Eduard, wat later die rektor word van die Transvaalse Universiteitskollege, tans die Universiteit van Pretoria.

Op 3 Mei 1898 is S.G. du Toit op Rawsonville oorlede en word hier begrawe. Hoewel hy nie geskrifte nagelaat het nie, is hy van kultuur-historiese belang weens sy lidmaatskap van die GRA en die werk wat hy hier gedoen het ter bevordering van Afrikaans.

Bronnelys

Boeke

  • Bouwer, Alba Afrikaans 100. Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1975
  • Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
  • Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
  • Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
  • Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste  uitgawe 2005
  • Totius. Ds. S.J. du Toit in weg en werk. Versamelde werke 9. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eeufees-uitgawe 1977

Tydskrifte en koerante

  • Nienaber, P.J. Helde van ons taal. Die Taalgenoot, Augustus 1975

Verwysings

You May Also Like

Alex Gordon’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Alex Gordon net worth and salary: Alex Gordon is an America professional baseball player who has a net worth of $24 million. Alex Gordon was born in Lincoln, Nebraska in February 1984. He is a left fielder and third baseman who bats left and throws right handed. At Lincoln Southeast High School he was a two time Gatorade Nebraska Player of the Year. He represented the United States at the 2004 World University Championship where they won the Gold medal. Gordon played at the University of Nebraska. In his junior year he won the Dick Howser Trophy, Golden Spikes Award, Brooks Wallace Award, and the ABCA Rawlings Player of the Year. Baseball American named Gordon the #1 college draft prospect. Alex was drafted #2 by the Kansas City Royals in the 2005 MLB Draft. He made his Major League Baseball debut for the Royals in 2007 and has played with them ever since. Gordon is a three time Gold Glove Award winner from 2011 to 2013. He was also selected as an MLB All-Star in 2013 and 2014. In 2012 he was the MLB Doubles Leader. He was featured on a Topps baseball card in 2006 that was issued prematurely and the card has gone for thousands of dollars on eBay.
Read More