Robert Gwelo Goodman’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African artist
Was Painter
From South Africa
Type Arts

Gender male
Birth

1871

Death

1939
(aged 68 years)

Gwelo Goodman (1871-1939) is een van die min Suid-Afrikaanse Na- Impressionistiese kunstenaars en verteenwoordigend van die groep kunstenaars wat in die vroeë 20e eeu in Suid-Afrika werksaam was. Benewens die skilderkuns het Goodman ‘n groot voorliefde vir argitektuur gehad en was onder meer behulpsaam met restourasiewerk en die ontwerp van huise in die Kaap. Hy is veraf bekend vir sy landskappe en blomstudies.

Robert Gwelo Goodman is in 1871 in Engeland gebore. Hy het op 15-jarige leeftyd saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. Hier het hy en sy vader in diens van die spoorweë getree. Goodman het van jongs af in die kuns belang gestel. In Nuweland, waar hy stasieklerk was, het hy saans onder leiding van John Morland met kunsklasse begin. Morland het hom sterk aangeraai om verder in die buiteland te gaan studeer en hom voltyds op die skilderkuns toe te lê.

Op 24-jarige ouderdom is Gwelo Goodman met finansiële bystand van Morland na die buiteland. Hy het eers aan die Paryse kunsskool Julian gestudeer en daarna het hy na Londen gegaan waar hy van sy werk in die Royal Academy ten toon gestel het.

 In 1900 het hy na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy onder meer as oorlogskunstenaar gewerk het. In dieselfde jaar het hy sy eerste en baie geslaagde kunsuitstalling in Kaapstad gehou. Hy het hierna weer na Engeland vertrek, waar hy met die dogter van ‘n afgetrede kolonel in die Brits- Indiese leër, Mabel Baker, in die huwelik getree het. (Mabel Goodman is in 1907 oorlede, maar Gwelo Goodman is in 1917 weer getroud met Margaret Clementson, die dogter van ‘n Kaapse predikant.)

Gwelo Goodman het ‘n baie geslaagde verblyf in Londen gehad en in 1905 het hy ‘n reis na Indië onderneem. Tot met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy in Engeland gewoon en eers in 1915 na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het ‘n ateljee in Kaapstad geopen en in 1916 weer ‘n baie geslaagde uitstalling gehou.

In 1920, ná ‘n paar jaar in Durban en Johannesburg, het hy hom in Nuweland gevestig. Sy groot deurbraak het Goodman egter behaal met ‘n uitstalling in die galery van die Royal Institute in Piccadilly. Die uitstalling is in 1924 gehou en het Gwelo Goodman se naam in die kunskringe van Londen gevestig.

Goodman het pastel, waterverf en olieverf gebruik. Sy kleurgebruik was altyd ryk en vol atmosfeer. Hy het graag blomstudies, veral van rose, stillewes en die Suid-Afrikaanse landskap geskilder. Goodman was ook bekend vir sy studies van ou Kaapse huise, wat hy met kleur en atmosfeer belaai het. Hy was die eerste kunstenaar wat die mynhope van Johannesburg geskilder het en dit het ‘n gesogte tema onder die inwoners van dié mynstad geword.

Gwelo Goodman het ‘n besondere belangstelling in die argitektuur gehad. Hy het die Ou Brouery in Nuwelandlaan in Kaapstad gerestoureer en 10 jaar lank daar gewoon. Dan was hy ook betrokke by die restourasie van Newlands House en by die beplanning van huise vir die plantasiewerkers by Tongaat. Hy is op 11 Maart 1939 oorlede. Gwelo Goodman se werk word in verskeie kunsgalerye in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe uitgestal, asook in Suid-Afrika-Huis in Londen.

 Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Volume 9, bl.46-47, ISBN 0908409451

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gwelo Goodman.
You May Also Like

Kurt Busch’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Kurt Busch net worth, salary and career earnings: Kurt Busch is an American race car driver who has a net worth of $70 million dollars. Born in Las Vegas, Nevada, Kurt Busch became fascinated with racing when he was in elementary school, accompanying his father to the racetrack and racing go-carts. He competed in the Dwarf competition circuit, winning just about every race on the circuit, before moving up to the Legends Series in 1996 when he turned 18. He attended the University of Arizona majoring in Pharmacy, before his racing schedule took over. He has won multiple races in the NASCAR Sprint Series, the Nationwide Series, and in the Camping World Truck Series, and was the IROC Champion in 2003, the Nextel Cup Champion in 2004, the Coca-Cola 600 winner in 2010, and the 2011 Budweiser Shootout winner. He is the 2017 Daytona 500 Champion. He was named Rookie of the Year in 2000 for his multiple wins during the Craftsman Truck Series. He currently drives the #1 Monster Energy Chevrolet Camaro ZL1 in the Monster Energy NASCAR Cup Series. His younger brother is fellow NASCAR driver Kyle Busch.
Read More