Retseh la Grange’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African poet
Is Poet
From South Africa
Type Literature
Birth

1929

Age 92 years

Retseh la Grange is ’n Afrikaanse haikoe-digter.

Lewe en werk

Retseh la Grange is op 21 Februarie 1929 gebore as die dogter van oud-hoofregter L.C. Steyn. Op skool word ’n opstel wat sy oor Liszt se Tweede Hongaarse Rapsodie skryf, oor die radio voorgelees. Van haar sketse verskyn ook in tydskrifte. Hoewel haar belangstelling in kuns lê, voltooi sy ’n onderwysgraad. Sy voltooi die lisensiaateksamen in sang en doen voor haar troue etlike radio-sangopnames. Tussen die kinders grootmaak studeer sy dan verder in die Sielkunde en sy stel veral belang in die metafisika. Aan die Universiteit van Pretoria behaal sy in 1973 die B.A. Honneurs-graad in Sielkunde en in 1976 die M.Litt. et Phil.-graad in Kliniese Sielkunde met ’n verhandeling oor “’n Psigogeniese ondersoek na Enkoprese”. Sy bly in Lynnwood Glen in Pretoria.

Skryfwerk

Sy dig in die tradisionele Japannese haikoe-vorm, wat uit drie reëls en sewentien lettergrepe bestaan. Die reëls is ook streng sillabies, naamlik vyf, sewe en weer vyf. Hierdie digvorm het in die dertiende eeu in ’n Japanse klooster ontstaan, waar monnike van die Zen-Boeddhisme dit as ’n speletjie beoefen het om te kyk of hulle so veel as moontlik in so min woorde as moontlik kan sê. As haikoe-skrywer word sy internasionaal erken en van haar haikoes word in 1990 onder duisende inskrywings van oor die hele wêreld heen tydens twee afsonderlike kompetisies, een in Japan en een in Nederland, in feesbundels opgeneem. Van haar haikoes verskyn ook in die Nederlandse haikoe-tydskrif Vuursteen en in Tydskrif vir Letterkunde. Haar debuut is die bundel “Vlinderstiltes”, waarin sy ook ’n interessante inleiding oor die haikoe-digvorm insluit. Die titel is gekies omdat vlinders en haikoes iets gemeen het in hulle fynheid en prag en beweging in stilte. Sy volg dit op met die soortgelyke “En winter die boom”. Saam met Gerhard Dreyer en Gerhard Mynhardt gee sy dan die bundel “Haikoe-verse” uit, wat ingedeel word volgens die gang van die seisoene.

Publikasies

Jaar Publikasies
1981 Vlinderstiltes
1990 En winter die boom
1998 Haikoe-verse (saam met Gerhard Mynhardt en Gerhard Dreyer)

Bronnelys

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria  Eerste uitgawe 2005

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem “Warmasemwasem kry haikoe-prys” “Boekewêreld” 6 September 1997
  • Vermaak, Kittie “Uit stilte vlieg die vlinders” “Die Vaderland” 14 September 1981

Internet

  • La Grange, Retseh Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1999/04/26/8/9.html
  • Worldcat: http://www.worldcat.org/title/psigogeniese-ondersoek-na-enkoprese/oclc/123580482

Resensies

You May Also Like

Sonny Barger’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Sonny Barger net worth: Sonny Barger is a founding member of the Hells Angels who has a net worth of $500 thousand. Sonny Barger was born in Modesto, California in October 1938. He help found the Oakland, California chapter of the Hells Angels Motorcycle Club in 1957. Barger is also an author who has written the books Hell’s Angel: The Life and Times of Sonny Barger and the Hell’s Angels Motorcycle Club, Dead in 5 Heartbeats, Freedom: Credos from the Road, 6 Chambers, 1 Bullet, and Let’s Ride: Sonny Barger Guide to Motorcycling. He has appeared in many films including Hells Angels on Wheels, Hell’s Angels ’69, Dead in 5 Heartbeats, and on the TV series Sons of Anarchy.
Read More