R.K. Belcher’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African poet
A.K.A. Ronnie Belcher
Was Poet
From South Africa
Type Literature
Gender male
Birth

21 April 1933

Death

21 October 2006
(aged 73 years)

Ronnie Belcher (1932–2006) was ’n Afrikaanse digter, lektor en uitgewer. Hy is veral bekend vir sy vrolike kwatryne in bundels soos So is die lewe vir een pond sewe. Hy het ook kinderverse geskryf.

Lewe en werk

Ronald Kenneth Belcher is op 21 April 1932 in Goodwood gebore as die sesde van twaalf kinders in ’n Engelssprekende gesin. Sy pa was ’n boer op ’n kleinhoewe en na sy pa se tweede huwelik kry hy nog ’n halfsuster by. Hy gaan skool by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch, maar word na standerd agt uit die skool gehaal om kleikapper en baksteendraer te word op sy pa se kleinhoewe in Bottelary.

In 1950 matrikuleer hy aan die Hoërskool Goodwood in Epping, waarna hy aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy moet sy studies drie maal onderbreek weens ’n tekort aan geld, en werk as jong man in 1953 ’n jaar lank in ’n asbesmyn in Shabani in die destydse Suid-Rhodesië om geld te verdien om vir sy studies te betaal. Uiteindelik behaal hy die B.A.-graad in 1956, die B.A. Honneurs-graad in 1957 en die M.A.-graad in 1959 met ’n verhandeling oor “Die sonnet as digvorm”.

Tydens die studies vir sy meestersgraad kan hy nie ’n kamer bekostig nie en moet staatmaak op vriende vir slaapplek, terwyl hy vir sy deurgetrapte skoene binnesole van karton insit. Na universiteit werk hy agtereenvolgens as taalkundige by Sanlam, verslaggewer by Die Burger en in 1959 as redakteur by Tafelberg-Uitgewers. In hierdie tyd is hy as losvoorspeler ’n kranige rugbyspeler vir die klubs Union en Van der Stel en word onder andere per geleentheid gekies as Van der Stel se Sportman van die Jaar. In 1969 promoveer hy (D.Litt.-graad) aan die Universiteit van Stellenbosch met ’n proefskrif oor “Die poëties-psigologiese grondslag van die sonnetvorm. ’n Ondersoek na die vormproblematiek van die sonnet”, wat later in verkorte en verwerkte vorm gepubliseer word as “Grondslae van die sonnetvorm”.

Sy vrou, Ella du Toit, ontmoet hy in hierdie tyd. Die egpaar het twee kinders, ’n dogter Renée en ’n seun, Ronald Kenneth (Ronnie) Belcher, wat ’n bekende sanger is. Hy koop vir hom ’n erf tussen Strand en Gordonsbaai, waar hy eiehandig in sy vrye tyd ’n huis vir hom en sy gesin bou.

In 1960 word hy eers assistent en dan lektor by die Universiteit van Stellenbosch, waarna hy in Maart 1964 aangestel is as lektor in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteitskollege van Wes-Kaapland en in 1966 bevorder word tot senior lektor. Hierdie betrekking beklee hy tot 1971 voltyds en tot Junie 1972 deeltyds. Dan word hy aangestel as publisiteitsbeampte in die departement van ontwikkeling aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1975 redak-teur is van Matieland en in 1976 bestuurder is van die Stellenbosch Universiteitskoor en die universiteit se blaasorkes. Hy neem dan ’n betrekking as senior lektor aan die Universiteit van Natal. In 1986 word hy aangestel as professor en hoof van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Bophuthatswana (later deel van die Noordwes-Universiteit). Sy intreerede by hierdie universiteit lewer hy in 1988 onder die titel “Afrikaans: a reappraisal”.

In 1990 tree hy af en in dieselfde jaar vestig hy hom op Belcher Wynplaas in die Paarl, waar hy vir ses jaar lank sy eie wyn maak. In 1992 verower hy met sy heel eerste wyne drie brons-medaljes in die gesogte Veritas-toekennings. Hy verkoop die plaas in 1995 aan ’n Singapoerse ontwikkelaar. In 2000 word hy stigter en rektor van ’n onafhanklike kollege (Suider-Kollege) wat graad- en diploma-onderrig aanbied op kampusse regdeur die land. Dit is die eerste geregistreerde private hoër onderwys-inrigting wat deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAQA) as ’n universiteit geakkrediteer is. Hier bedryf hy ook sy eie uitgewerye, Suider-Kollege Uitgewers en Sonop Uitgewers, op ’n nie-winsgewende basis ten einde belowende digters en skrywers die geleentheid te gee om te publiseer. Noemenswaardige debute op hierdie wyse sluit in Zandra Bezuidenhout en Christine Barkhuizen-le Roux. ’n Verdere afdeling van Suider-Kollege is Die Kollege vir Literêre Kunste, wat ’n kursus in poësietegniek dwarsdeur die land per afstandsonderrig aanbied.

Hy is ’n gereelde aanbieder van gratis poësielesse aan lede van die gemeenskappe van Cloetesville en Kayamandi op Stellenbosch en reël maandelikse Afrikaanse poësie-aande op die Stellenbosse wynlandgoed Koopmanskloof. In sy latere lewe begin hy werk aan ’n verdere doktorsgraad (Ph.D.-graad) onder leiding van Bun Booyens oor “Die volkskultuur van die Afrikaanse Kleurling met spesiale verwysing na die volkstaal en letterkunde”. Hoewel hy nie hierdie studie voltooi nie, reis hy landswyd om navorsing te doen oor die mondelingse letterkunde van die Afrikaanse bruin mense, vernaamlik die Griekwas se volksletterkunde, musiek en geskiedenis. Hy word die beskermheer van die Griekwa Nasionale Koor en tree gereeld op as beoordelaar by Griekwa-koorkompetisies en per geleentheid ook tydens die Nasionale Maleier koorkompetisie. Met sy sewentigste verjaarsdag in 2003 beland die gelukwensing per ongeluk onder Die Burger se sterfgevalle, wat daartoe lei dat mense van heinde en ver bel om hulle meegevoel te betuig. Sy reaksie was, “my vrou sê ek is gevrek, maar ek is darem nog nie morsdood nie”. Hy is op Saterdag, 21 Oktober 2006 op Stellenbosch aan kanker oorlede.

Skryfwerk

As digter word hy veral bekend met sy speelse volksverse en ook sy sonnette, ’n versvorm wat hy meermale gebruik en baie goed beheer. Verder maak hy kwistig gebruik van die Kaapse spreektaal en idioom om ook ernstige temas, insluitend die godsdiens, aan te spreek. So omdig hy die Onse Vader in Tronkafrikaans en skryf ’n gedig oor die kruisiging in Kaaps, maar toon tog verskuldigde eerbied waar dit van pas en nodig is. Sy debuut is met “Mens en Skepper”, waarin hoofsaaklik in die sonnetvorm besin word oor die verhouding van die mens teenoor sy Skepper en ook die mens se rol as skepper van gedigte. Ander temas is Christus wat haweloos onder die mensdom verkeer in ’n godvergete samelewing, asook die liefde vir die vrou. Dit is ’n bundel waarin al die onderwerpe ernstig is en die gedrae aard van die gedigte sluit by die inhoud aan. “District Six” is ’n uitsondering met sy meer lighartige benadering van die sosiale en kleurproblematiek van die bruin mense. Daar is ook vrye verse. “Ver land” (waar die titel die afstand tussen die mens en die Beloofde Land impliseer), beskryf die stryd tussen die mens se begeerte om ’n gesuiwerde dissipel van Christus te wees, teenoor die sondige begeertes wat van die mens besit neem. Hierdie temas word somtyds weergegee in die Kleurling-idioom as voorloper van sy latere verse. Die bundel word in twee afdelings verdeel, waarvan die eerste “Ver land” is. Dit is veral die gedig “Voël” wat treffend is in sy uitbeelding van ’n dooie voël, wie se sang voortleef in die fluit wat van sy borsbeentjie gemaak word. Hier is ook realistiese sienings soos in “Jimmy Read”, waar ’n visser wat sy lewe gegee het om ’n ander te red, gehuldig word. Die tweede afdeling is “Dissipel”, ’n reeks sonnette waarin die digter die stryd tussen die vlees en gees uitbeeld.

Belcher se gedigte in “So is die lewe vir een pond sewe” is volksverse waarin eg Boerse ma-nier veral die seksuele, die godsdiens, natuur en die dood vernuftig bewoord word. Die kwatryne maak hier dikwels (maar nie altyd nie) gebruik van die tradisionele dansliedjievorm, waar die tweede reël ’n herhaling van die eerste is met ’n “o” of “ja” vooraan die tweede, en reëls drie en vier niks te make het met die eerste twee nie. Hoewel die gedigte oënskynlik willekeurig gerangskik is, sorg die volkse perspektief vir binding. Die komiese in die bundel oorheers, maar daar is tog ook ’n groot aantal gedigte wat vra vir dieper dink oor die wonder en swaarkry van die lewe. Die vernuftige woordgebruik, spontane ritme en ongewone perspektief op gewone dinge soos die liefde en die seksuele maak van hierdie bundel ’n treffer wat meermale herdruk word. Die sukses van hierdie bundel word opgevolg met die soortgelyke “’n Ding om te skil in die maand April”. Die bundel bevat kwatryne oor die dood, godsdiens en die seksuele, hierdie keer meestal in meer konvensionele kwatrynvorm met ’n oorwegend aaba rymskema. Daar is ook droogteverse, spotverse en ’n aantal politieke kwatryne. Weereens beïndruk die raak segging met paradoks, dubbelsinnigheid en veral suggestie wat telkens ’n besondere verrassing bewerkstellig. “My hart sing sewe moppies” bevat kwatryne met ’n oorwegend speelse toonaard. ’n Moppie is ’n komiese liedjie wat veral deur die Kaapse mense van Maleise afkoms gesing word. Belcher werk vernuftig met woordspelings en teenstellings en baie van die kwatryne bevat guitige dubbelsinnige seksuele implikasies, terwyl meer ernstige onderwerpe ook aangeroer word. Die oorwegende doel van die moppies is egter om te bekoor en te vermaak, eerder as om te onderrig of tot nadenke te stem.

“Halleluja Paternoster” is ’n bundel met religieuse verse, waarin hy spitsvondig die klein mens se stryd tussen goed en kwaad verwoord. Die verse is in die idioom van die bruin vis-serman geskryf en gebruik dan ook die spraakvariante van hierdie bevolkingsgroep. Bybel-tekste, Bybel-idiome en volksliedjies word verwerk om unieke aweregse versiesvoort te bring en so op vernuftige wyse eerbied en komiek te meng. Hoewel die aanslag baie keer naïef van toonaard is, lê daar telkens wysheid daaragter verborge. “Ringe in ’n geelhoutboom” is ’n bundel sonnette. Die titel word verklaar in die gedig “Spel”, waar die afgekapte geelhoutboom bekyk word en ons volksgeskiedenis in die ringe gesien word, wat deur die bloedige klimaat van Afrika na sy oorsprong terug gedwing is. Die gedigte se temas is dan ook hoofsaaklik die gebeure van die afgelope meer as driehonderd jaar sedert die volksplanting aan die Kaap. Die kwaad in die samelewing (apartheid, taalpurisme, oordadige beheptheid met die verlede, vergaan van sedelike waardes, en dies meer) word soms met skerp satire aangespreek. Gesien teenoor die geelhoutboom is die mens se lewe kortstondig en nietig. “Italiaanse krygsgevangene” beeld die lot uit van hierdie gevangenes wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika hande-arbeid verrig het, maar ten spyte van hulle lae status hier plaaslik erfgename is van ’n baie ryker tradisie en kultuur as Suid-Afrika, wat slegs ’n jong kasteel as erfenis het. Belcher vertaal self van sy gedigte in Engels en laat dit publiseer onder die titel “Rings of a thundering tree”. “Van heidebos en klip” is weer ’n bundel sonnette. Hierin lewer die digter kommentaar op die samelewing en dig oor die natuur, die politiek, die blanke Afrikaner se nasionalisme, die godsdiens en die literatuur self. Geslaagd is die vernuftige vermenging van erns en luim. Eie aan die sonnetvorm, lewer die digter telkens puntige kommentaar in die slotstrofe, soms goedig, soms ernstig en soms geniepsig.

Die gedig van epiese omvang, “Bayeux”, herskryf die skeppings- en menslike geskiedenis en uiteindelik die geskiedenis van die Suid-Afrikaner. Hierin ondersoek die digter veral die mens se siening van God en die eise wat Hy aan sy volgelinge stel met gebeure oor die eeue. Verskeie godsdienste kry ’n spreekbeurt, soos byvoorbeeld Judaïsme, Islam, die Christendom, primitiewe godsdienste en die Griekse mitologie. Veral die siening van God as toornig en wraakgierig kom na vore, as ’n mag wat kosmiese geweld kan uitoefen. Samehangende hiermee is die mens se onverdraagsaamheid wat groei uit die aanname dat sy geloof die enigste ware geloof is en dat God dus aan sy kant is in die vernietiging van teenstanders en sogenaamde ongelowiges en ketters. Eindelik is daar die besef dat elke visie van God maar slegs beramings is van hoe die mens Hom ervaar vanuit sy persoonlike standpunt. Die gedig mis egter die epiese gang en stukrag van ’n ware epos deur die vele los episodes wat soos ’n tapisserie aanmekaar gestik is. Na Belcher se dood maak Abraham de Vries ’n keur uit sy volwasse poësie wat as “Van heidebos en Skepper” gepubliseer word.

Belcher lewer ook verskeie baie geslaagde kinderversies en jeugpoësie wat in bundels soos “Pampoenkoekies”, “Sit om jou dassie”, “Voëltjies met vlerkies”, “Rooikappie op rym” en “Kokkewiet en kokkedoor” gepubliseer word. Hy is ook vertaler en herberymer van verskeie van Dick Bruna se kleuterboeke met kleuterversies, insluitende “Die appel”, “Kietsie Kat”, “Kleintjie”, “Die matroos”, “Kleintjie in die dieretuin”, “Snuffie” en “Snuffie en die brand”.

Sy gedigte word opgeneem in verskeie versamelbundels, wat insluit “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Uit ons digkuns”, “Die mooiste Afrikaanse liefdes-gedigte”, “Nuwe Kleinverseboek”, “Nuwe Kleuterverseboek”, “Faune”, “Die dye trek die dye aan”, “Digterstemme”, “Miskien sal ek die wingerd prys”, “Voorspraak” en “Goudaar”. Vir die Stellen-bosch Universiteitskoor skryf hy liedere, waaronder die pragtige “Heer, laat nou U dienskneg in vrede gaan”. Die trefkrag van sy volkspoësie word daarin geïllustreer dat van sy verse geskryf staan op die mure van kroeë en wynkelders, op muurborde en ander ornamente in ge-skenkwinkels, opgeneem word in musiek-CD’s van sangers van ligte liedjies en aangehaal word op televisie en oor die radio as “vanuit die volksmond”.

Op prosagebied publiseer hy sy proefskrif, “Grondslae van die sonnetvorm”, waarin sy grondige kennis van die tegniek van hierdie digvorm en die verskillende variante daarvan, duidelik blyk. Sy kortverhaal “Beskermengel” word opgeneem in Abraham H. de Vries se versamelbundel “Uit die kontreie vandaan”.

Eerbewyse

Ronnie Belcher was die enigste ere-Griekwa in die wêreld, deurdat hy in die tagtigerjare op hierdie manier vereer word deur die Griekwa Nasionale Raad vir sy bevordering van die mondelinge poësie van die Griekwas. Van die Duquesne-universiteit in Amerika ontvang hy ’n eerbewys ter erkenning van sy bevordering van internasionale betrekkinge en hy ontvang erelidmaatskap van die American Youth Symphony and Chorus. Hy vertolk ook vir baie jare die rol van Simon van der Stel tydens die jaarlikse Van der Stelfees op Stellenbosch. ’n Versameling van agt van sy gedigte oor wyn word vir die eerste keer op 23 April 1994 by die Belcher Wynplaas opgevoer onder die titel “Kelderkantate”, met musiek deur Paul Loeb van Zuilenberg, en later word dit in die konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch herhaal. Baie van sy ander gedigte word ook getoonset deur verskillende musikante.

Per geleentheid word hy vereer met ’n banket tot sy eer, aangebied deur die Departement van Landbou se Winterreënstreek, vir sy bevordering van die wynbou deur sy gedigte. By die Versindaba in Stellenbosch in 2005 ontvang hy die Akker-eretoekenning vir sy onbaatsugtige diens aan die digkuns oor ’n lang tydperk, deurdat hy betrokke was by die ontwikkeling van verskeie manuskripte van ander digters en ook publikasiegeleenthede aangebied deur sy Suider-Kollege Uitgewery. ’n Straat in die Heidedal woonbuurt in Bloemfontein en ’n straat in die Strand word na hom vernoem. In 2005 vereer die Breedevallei Dichters hom met die huldigingsbundel “Breedevallei Dichters vereer Ronnie Belcher: sewe branders”, wat deur Floris A. Brown saamgestel is.

Publikasies

1956

  • Mens en skepper

1960

  • Ver land

1969

  • Grondslae van die sonnetvorm

1973

  • Pampoenkoekies
  • Sit om jou dassie

1978

  • So is die lewe vir een pond sewe

1979

  • Voëltjies met vlerkies

1980

  • ’n Ding om te skil in die maand April
  • Kokkewiet kokkedoor

1981

  • Rooikappie op rym

1982

  • Halleluja Paternoster
  • Ringe in ’n geelhoutboom

1996

  • My hart sing sewe moppies

2000

  • Van heidebos en klip
  • Bayeux
  • Rings of a thundering tree

2008

  • Van heidebos en Skepper
  • Vertalings

1972

  • Snuffie – Dick Bruna
  • Snuffie en die brand – Dick Bruna
  • Die appel – Dick Bruna
  • Kleintjie – Dick Bruna
  • Kleintjie in die dieretuin – Dick Bruna

1973

  • Kietsie Kat – Dick Bruna
  • Die matroos – Dick Bruna
  • Die skool – Dick Bruna

    Bronne

    • Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963
    • Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966
    • Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994
    • Buning, Tj. “Uit ons digkuns” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Nuwe omgewerkte druk 1960
    • Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
    • Cloete, T.T. “Faune” Tafelberg-Uitgewers Bpk. Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Derde druk 1971
    • Kannemeyer, J.C. “Verse vir die vraestel” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
    • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
    • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
    • Anoniem “Kantate in kelder” “Die Burger” 5 April 1994
    • Ferreira, Thinus “Digter moet paai ná gelukwensing doodsberig word” “Die Burger” 22 April 2003
    • Nieuwoudt, Stephanie “Belcher se baie dae” “Beeld” 26 April 2003
    • LitNet ATKV-Skrywersalbum: www.litnet.co.za
    • Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/r-k-belcher/
    • Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2006/10/26/VB/8/ronniebelcher.html
    • Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ABelcher%2C+Ronald+Kenneth.&qt=hot_author

    Verwysings

    You May Also Like

    Ray J’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

    Ray J net worth and salary: Ray J is an actor, music producer and rapper who has a net worth of $14 million. He is perhaps most famous for participating in the “home video” that made Kim Kardashian a “super star”. He also had a singing and TV hosting career. Early Life: William Norwood, Jr. was born on January 17, 1981. Otherwise known as Ray J, was born in McComb, Mississippi but raised in California by his parents Willie Norwood and Sonja Bates-Norwood. Ray J is the younger brother of multi-platinum singer Brandy, and the cousin of rap artist Snoop Dogg. Acting Career: He first began his career in acting in 1989 when he began to appear in various television commercials. He landed the role of the foster son in The Sinbad Show from 1993-1994. Ray J also starred in big sister Brandy’s show, Moesha, for two years and One on One. He made appearances in films as well, including Mars Attacks!, Steel, and Envy. In 2005, Norwood appeared in UPN’s One-On-One. Ray returned to television in 2009 with For the Love of Ray J, a reality dating show on VH1, which aired for two seasons and spawned a spin-off show, Brandy and Ray J: A Family Business, which aired in April 2010. In January 27, Ray J was part of the cast of the UK Celebrity Big Brother, but he walked off the set after just one week. Music Career: In 1995, Ray J signed with Elektra Records and began to record his debut album, Everything You Want. That alum was released in March 1997 with the lead single Let It Go (no, not the one that just popped into your head right now!). The single was also featured on the soundtrack for the film Set It Off and peaked at number 25 on the U.S. R&B chart. The second single peaked at No. 54. Ray J was dropped from the label in 1997. The next year, he made an appearance on the Dr. Doolittle soundtrack with his original single That’s Why I Lie. He also produced tunes for the company Mattel and put together music for several commercials. Ray J and sis Brandy collaborated on Another Day in Paradise which ended up a top ten success in the UK, Austria, Germany, Sweden, Switzerland, Belgium, Norway, Ireland, and the Netherlands. Ray J released his second album, This Ain’t a Game, in June 2001. The lead single, Wait a Minute, peaked at #30 on the U.S. chart. After a two year break, in 2004, Ray J founded his own recording label, Knockout Entertainment, which has released music for artists such as Brandy, Shorty Mack and Ray J himself. Ray J has worked with other top name producers and recording artists such as R. Kelly, Timbaland, Lil Kim and The Neptunes. During this time, he also put the finishing touches on his third studio album, Raydiation, which was released in September 2005 and debuted at No. 48 on the Billboard 200 chart. One Wish, the lead single from the album, was a top 20 hit in the US, UK, Ireland, and New Zealand. It sold 400,00 copies domestically. Ray’s fourth album, All I Feel, which features The Game and Yung Berg on the album’s first single Sexy Can I, was released on April 1, 2008. The single peaked at number 3 on the Top Singles Hot 100 for six weeks. A video for the track was directed by R. Malcolm Jones and was shot in December 2007. Other Pursuits: Ray J is the founder of Raytroniks, a line of consumer electronics including e-bikes, smart phone controlled fans, and smart watches. For the Scoot E-Bike, Ray implemented an extensive viral marketing strategy. This included obtaining secured product placements through various celebs including cousin Snoop, Chris Brown, Sean Puffy Combs, Justin Bieber, and others, including support from sports teams like the LA Clippers and the Los Angeles Rams. In November 2017, Ray J and Cowboy Wholesale finalized a multi-million dollar deal to expand the Scoot E-Bike with products that align to an electric-based lifestyle: Bluetooth audio and drones included. Ray has an active role in the partnership and works as the Chief Strategy Officer and oversees marketing and global branding. Kim Kardashian Sex Tape Royalties: In February 2007, a home made sex tape video Ray J had made with Kim Kardashian in 2003 was made public. According to Steve Hirsch, the President of Vivid Entertainment, Ray J typically earns $90,000 every three months in royalties for his “home video” with Kim Kardashian. That equates to $360,000 per year which is pretty impressive considering the tape is nearly two decades old. When Kim is in the news, as with her wedding or her naked appearance on the cover of Paper Magazines, Ray J’s royalties have been known to jump to as much as $50,000 per week. After filing a lawsuit, Kim herself was paid a one-time $5 million lump sum settlement for her role in the tape back in 2007. Ray J Marijuana Tycoon: In June 2019 Ray J announced that he had launched his own line of Marijuana called William Ray LA and had reportedly spent $5 million of his own money building the business. In August 2019 Ray J announced that he had signed on to be the chief strategic media officer for MarijuanaStock.org. The position, according to paperwork obtained by TMZ, will pay Ray J $1 million per year! Personal Life: Ray J had a very close relationship with Whitney Houston during the last few years of her life. While there was speculation that they had a romantic relationship, Ray J has insisted they were just friends and never dated. When she died on February 11, 2012, he was in San Diego and rushed to the Beverly Hilton where she had died. He reportedly became angered that he heard one of the police officers on the scene make a disrespectful comment about Houston. Ray Jay was restrained as he tried to force entry into the hotel. Ray’s sister Brandy described Ray J at the time of Houston’s death as very distraught and depressed. On May 21, 2012, Ray was found in his hotel room unable to get out of bed. He was rushed to the hospital by ambulance. The day before, it was reported that he had a confrontation when at the 2012 Billboard Music Awards when Whitney Houston’s sister in law (Pat Houston) called security on him upon seeing that he was sat next to Whitney’s daughter Bobbi Kristina Brown. Ray married fashion designer Princess Love in Los Angeles in August 2016. Their first daughter was born in May 2018 and their son was born in January 2020.
    Read More