| Intro | South African journalist |
| A.K.A. | Pieter Bosch Botha |
| Was | Actor |
| From | South Africa |
| Type | Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | male |
| Birth | 12 March 1985, Johannesburg, South Africa |
| Death |
6 May 2019 (aged 34 years) |
| Star sign | Pisces |
|
Hierdie bladsy is tans gelys vir verwydering. Sien die stemblad vir die redes en bespreking daarvan. Indien u wil keer dat die blad verwyder word, lees die verwyderingsbeleid en stem teen die verwydering op die stemblad. Moet asseblief nie hierdie kennisgewing verwyder of die bladsy leegmaak terwyl hierdie saak nog onder bespreking is nie. Voel wel vry om hierdie artikel te verander en verbeter. Sien ook ’n klomp alternatiewe uitweë vir bladsye wat nie binne die Wikipedia-beleid inpas nie. Hierdie kennisgewing is op 13 Junie 2019 hier geplaas. |
Pieter Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng, Suid-Afrika) was ‘n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur, en draaiboekskrywer. In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.
Hy was die stiger van “The Enwhitenment Project”, ‘n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die doelwit om die rasseskeiding te oorbrug. Hy het veral ‘n groot gehoor op Twitter geniet en was ‘n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr.
Vroeë lewe
Hy word gebore op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika as Pieter Bosch Botha, die seun van Arnold “At” Botha en Annalise Bosch, beide akteurs. Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in ‘n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.
Hy voltooi sy studies in 2003 in drama en teater aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.
Persoonlike lewe
Hy was gay en verander sy van na Howes met sy huwelik met dokter Craig Howes.
Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar. Hy ly aan bipolêre gemoedsteuring en depressie.
Dood
Hy pleeg selfmoord in Mei 2019. Hy was vir ‘n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in ‘n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is. Hy is vermoedelik aan ‘n oordosis pille dood. Vele mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gepubliseer.
Teaterproduksies
Regisseur
- 2007: Rapunzel
- 2008: James and the Giant Peach
- 2008: Madiba Magic
- 2008: Liewe Heksie
- 2009: Danny the Champion of the World
- 2009: Little Blue Dress
- 2009: Noises Off!
- 2011: Hoedens
- 2011: Rose Red
- 2012: Swoop
- Rooikappie
- Wasgoed
- The Witches
- The Cage Fighter
- I’ll Have What She’s Having…
- Of Birds and Beasts
- Subject to Citizen
- Hats
Akteur
- 2004: Jack and the Beanstalk
- 2005: Die Keiser
- 2006: Cinderella
- 2006: Dames en Here
- 2008: Spoof Full of Sugar
- 2008: Eat Me!
- 2012: Fully Committed
- 2013: Civil Parting
- 2013: The Briefcase
- 2014: The Full Monty
- 2014: Spamalot
- 2015: The Double Bass
- 2015: Miss Margarida’s Way
Radio
- 2015: Nagrit Op Keetmanshoop
Verwysings
Eksterne skakels
- Pieter Howes op Twitter