Petrovna Metelerkamp’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African writer
Is Writer
From South Africa
Type Literature

Petrovna Metelerkamp is ‘n Suid-Afrikaanse skryweres. Sy het die afgelope sewentien jaar as uitgewer gewerk maar skryf tans voltyds. Sy skryf meestal in Afrikaans en is die skryweres van die magistrale biografie oor die digteres Ingrid Jonker – een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars – naamlik: Ingrid Jonker – ‘n Biografie. Sy is ook joernalis en radio-omroeper en was op die redaksie van die tydskrifte Huisgenoot en Insig. In 2003 stel sy Ingrid Jonker – Beeld van ‘n digterslewe vry, en in 2012 Ingrid Jonker – A Poet’s Life. Sy is die samesteller van onder meer Gesprekke oor Ingrid Jonker en die briefbundels ‘n Blywende vreugde – Briewe van Audrey Blignault en Mits dese wil ek vir jou sê – Briewe van Hennie Aucamp. Sy woon en werk in Vermont in die Kaap.

Lys van werke as samesteller en skryweres

  • Ingrid Jonker – Beeld van ‘n digterslewe, 2003
  • Gesprekke oor Ingrid Jonker (samesteller), 2006
  • EC Steijn – ‘n Aristokraat van gees, 2009
  • ‘n Blywende vreugde – Briewe van Audrey Blignault (samesteller), 2010
  • Ingrid Jonker – A Poet’s Life, 2012
  • Mits dese wil ek vir jou sê – Briewe van Hennie Aucamp (samesteller), 2013
  • Ingrid Jonker – ‘n Biografie, 2018

Verwysings

You May Also Like