P.B. de Ville’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

From South Africa 

P.B. de Ville (Paarl, 5 September 1858 – 2 November 1896) was ‘n lid van die Genootskap van Regte Afrikaners en het ‘n aktiewe rol gespeel in die bevordering van Afrikaans in die Paarl in die negentiende eeu.

Lewe en werk

Pieter Bernardus de Ville (ook bekend as Piet Wakkermuis) is op 5 September 1858 in die Paarl gebore. Sy ouers was Jan Daniel de Ville en Johanna Petronella van Blerk. Hy was ‘n welvarende rytuigmaker wat die taalstryd veral gedien het deur geldelike skenkings. Saam met Gideon Malherbe was hy een van die oprigters van die Noorder-Paarl gemeente, waar hy vir baie jare as ouderling gedien het. Hy rig die dubbelverdiepinggebou op die hoek van Hoof- en Lady Greystraat op, waar die drukkersfirma D.F. du Toit en Kie gehuisves was. Na die verplasing van die Patriotkantoor na Hoofstraat (langs die tronk) brand hierdie gebou af. Hy was getroud met Christina Adriana Francina van der Spuy en uit die huwelik is sewe kinders, vier dogters en drie seuns, gebore.

Hy begin sy wamakermaatskappy (Berg Rivier Werken) in 1879, en in 1888 word hierdie maatskappy as die grootste van sy soort in Suid-Afrika beskryf deur Die Patriot. Teen hierdie tyd was hy ook direkteur van Paarl Bank. Hy verkoop sy maatskappy in 1894 aan J.P. Retief en begin ‘n ander maatskappy in 1896. Op 2 November 1896 is hy in die Paarl oorlede.

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • Nienaber, P.J.: “Helde van ons taal”. “Die Taalgenoot”. Augustus 1975

Ander verwysings

You May Also Like

Kevin Windham’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Kevin Windham net worth: Kevin Windham is an American biker who has a net worth of $4 million dollars. Born in Baton Rouge, Louisiana, Kevin Windham began riding dirt bikes before he started kindergarten. He began competing while in elementary school, and has continued racing successfully to this day. He transitioned from amateur to professional in the early 90s, winning 18 consecutive races at Loretta Lynn’s Dude Ranch, and winning his seventh and eighth amateur titles at the 1994 AMA Amateur and Youth National Motocross Championships. His luck in the amateurs did not follow him into the professional racing circuit, however, and though he is considered one of the best riders ever, he has never won a National Championship. Instead, he has consistently placed second. He has won a ridiculous number of major races, however, and has a massive fan base, as well as a Hot Wheels figure. He currently races for Geico Powersports Honda, and 2012 was his 19th season as a pro racer.
Read More