Nicol Viljoen’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African pianist
Is Musician
Pianist
From South Africa
Type Music
Instruments:
Piano

Nicol Viljoen was ‘n Suid-Afrikaanse pianis en medeprofessor aan die Odeion Skool vir Musiek, University of the Free State, en was die voorste kundige van Schenker-ontleding in Suid-Afrika. Sy navorsing gedurende die laaste drie dekades van sy lewe het gefokus op Schenker-studie asook die toepassing daarvan binne die musikale uitvoerpraktyk deur middel van strukturele gehoorontleding. Gedurende 2003 het hy ’n kompakskyf getitel Franz Schubert/Johannes Brahms saam met die altviolis John Wille uitgegee. In 2011 het sy tweede kompakskyf getitel Transcendental Schubert onder die Mucavi-plaatetiket verskyn. Viljoen was ook ‘n orrelis van die Sacred Heart Katedraal in Bloemfontein en ’n toegewyde jazzpianis.

Transcendental Schubert, sy tweede kompakskyf, bevat die klaviermusiek van Schubert Paul Boekooi van die Afrikaanse koerant Rapport het soos volg daaroor berig, “Dié uitreiking van prof. Nicol Viljoen se CD met klavierwerke uit Schubert se laat-periode is verrassend. Eweneens geld ook sy wydlopende insae as interpreteerder daarvan. Dié spesifieke sonate was Schubert se swanesang vir die klavier. ‘Op ‘n manier het ek gevoel dat ek nie meer langer in dié wêreld tuishoort nie,’ het Schubert geskryf. Viljoen se spel weerspieël daardie anderwêreldse gevoel en intieme spiritualiteit, terwyl hy Schubert se klassieke én romantiese inslag ideaal versoen. Die breed-golwende, maar ook introverte aspekte, word raak getref.

Eksterne skakels

  • Tuisblad van Viljoen se kompakskyf
  • Viljoen se uitgewer (plaatetiket) Mucavi se tuisblad

Verwysings

You May Also Like