Morris Alexander’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African politician
Was Politician
From South Africa
Type Politics
Gender male
Birth

4 December 1877

Death

23 January 1946
(aged 68 years)

Star sign Sagittarius

Morris Alexander (Zlin, Morawië, 4 Desember 1877 – Kaapstad, 23 Januarie 1946) was ‘n Suid-Afrikaanse Volksraadslid en advokaat. Hy was een van die eerste Jode in die Suid-Afrikaanse Volksraad.

Opleiding

Hy ontvang sy opleiding aan die Suid-Afrikaanse Kollege (die latere Universiteit van Kaapstad en SACS) en St. John’s College, Cambridge. Hy word ‘n advokaat van die Inner Temple in Londen en advokaat van verskeie hooggeregshowe in Suid-Afrika. Sy vrou, Ruth, met wie hy in 1907 getroud is, was ‘n vooraanstaande feminis en haar vader was die bekende Hebreeuse deskundige S. Schechter.

Politieke loopbaan

Alexander word in 1908 verkies as lid van die Kaapse Wetgewende Raad vir Kaapstad-Kasteel, toe hy lid was van dr. Leander Starr Jameson se Progressiewe Party, en in 1910 as lid van die eerste Unie-Volksraadslid vir dieselfde kiesafdeling as lid van die Unionisteparty. Hy wen in 1915 en 1920 ook as Unionis in Kaapstad-Kasteel en in 1921 en 1924 as enigste lid van sy eie Konstitusionele Demokratiese Party. In 1929 staan hy as kandidaat van die Arbeidersparty se Cresswelliete-faksie in Kaapstad-Tuine, maar verloor teen die kandidaat van die Suid-Afrikaanse Party. Hy haal weer die paal in 1933 in Kaapstad-Kasteel, nou as lid van die Suid-Afrikaanse Party toe hy onbestrede verkies word. Hy wen Kaapstad-Kasteel in 1938 vir die S.A.P. en word in 1943 vir oulaas onbestrede verkies in dieselfde kiesafdeling.

Invloed

In sy beroep het hy hom vroeg reeds onderskei met ‘n aantal suksesse in opspraakwekkende strafsake. In die Volksraad was Alexander ‘n merkwaardige kampvegter vir die regte van die minderbevoorregtes (Distrik Ses het byvoorbeeld binne-in sy kiesafdeling, Kaapstad-Kasteel, geval) en ‘n stoere stryder vir die Joodse gemeenskap. Sy dokumente en briewe is in Februarie 1964 vir veilige bewaring aan die Universiteit van Kaapstad geskenk.

Bronne

  • Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910–1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
You May Also Like

Mark Schwahn’s biography, fact, career, awards, net worth & life story

Mark Schwahn is a renowned American screenwriter, producer and director. He is best known for the TV series ‘One Tree Hill’. He was the creator, executive producer and head writer of the series. One Tree Hill ran for nine seasons before coming to an end on January 2012. Mark Schwahn was born on June 5th 1966. He was brought up in Pontiac Illinois and went to the University of Maryland.
Read More