Michelle Botes’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actress
Is Actor
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Gender female
Birth

12 October 1962

Age 58 years
Star sign Libra

Michelle Botes is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat in verskeie televisiesepies, TV-reekse, verhoogstukke, advertensies en rolprente gespeel het.

Biografie

Michelle is op 12 Oktober 1962 in Kaapstad, Suid-Afrika, gebore. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch ‘n Uitvoerendekunste-diploma in Spraak en Drama (Tweetalig) verwerf en aan die Universiteit van Kaapstad ‘n Onderwysdiploma. Haar ondervinding behels onderwys in Afrikaans, Engels en drama, aromaterapie en kostuum-en-klerekasontwerp. Sy is ook as vertaler en aanbieder opgelei.

Michelle se eerste werk as aktrise was toe sy deur die Kaap getoer het en literatuur aangebied het deur Library Tours. Haar grootste inspirasie is die stories wat vertel móét word. Die rol wat haar bekend gemaak het, was dié van Princess in die Afrikaanse TV-reeks Arende. Op die stel het sy Ian Roberts ontmoet. Aanvanklik kon hulle mekaar nie verdra nie (of so het dit voorgekom), maar hulle het gou erken dat hulle verlief is. Op 27 het Michelle met ‘n ivoor trourok by die paadjie afgestap kansel toe. Michelle en Ian het ‘n dogter en seun. Die egpaar is na elf jaar geskei, maar is steeds vriende.

Michelle was vir ‘n lang tyd bekend vir haar rol as die superfeeks Cherel de Villiers in die TV-reeks Isidingo. Sy het Isidingo in Maart 2007 verlaat en in Junie 2007 by M-Net se daaglikse sepie Binneland Sub Judice aangesluit. Sy het egter in 2010 weer na Isidingo teruggekeer.

In Binneland Sub Judice vertolk sy die rol van die sterk, maar saggeaarde Ingrid Jordaan. Ingrid is die enigste vrou wat kans gesien het om At Koster (Hans Strydom) “mak te maak” en in die storie is sy met hom getroud. Sy maak nou-en-dan steeds verskynings op Binneland.

Toekennings

  • In 2005 is Michelle deur die tydskrif Elle, JFPI Corporation en die koerant Sunday Times vereer as die stylvolste Suid-Afrikaanse beroemde.
  • Sy het die Duku Duku-toekening vier jaar agtereenvolgens ontvang, onder andere in 2005 as Beste “Onscreen Villian” (en boonop was sy die enigste vrou wat in die kategorie benoem is).
  • Sy het die Crystal Award vir Beste Aktrise drie keer gewen. Sy en Robert Whitehead (Barkes Haines) het ook ‘n toekenning gekry vir Beste TV-paartjie in Isidingo.
  • By die 19de Jaarlikse Avanti-toekennings is Michelle benoem vir Beste Aktrise vir haar rol in Isidingo.
  • Die koerant Star se Top-100 het haar in 2002 onder die top-10 op televisie geplaas.
  • G-Sport het haar in Oktober 2006 aangewys as Vrou van die Maand (sien eksterne skakels).

Filmografie

  • Minnaar onder die Wapen, 1987
  • Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Santie
  • Palang van Dwaal as Mary
  • Arende as Princess
  • Konings as Santie
  • Triptiek as Bibi (Barbara Brinkman) (1993)
  • Ingrid Jonker, ‘n Kind Vol Geheime (KKNK, 1995)
  • Tot die Dood Ons Skei (verhoog, 2001)
  • Isidingo as Cherel de Villiers
  • Binneland Sub Judice as Ingrid Jordaan
  • Bakgat 2, 2010 as ‘n ouer vrou in ‘n rooi rompie

Verwysings

Eksterne skakels

  • Binnelanders se nuwe webtuiste
  • Binnelanders se webtuiste
  • Die G-Sport webtuiste
  • Michelle Botes in die Internet-rolprentdatabasis
You May Also Like

Mindy McCready’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Mindy McCready was an American country music singer who had a net worth of $200 thousand. Mindy McCready earned her net worth from her singing career that she began in 1996. She was born in Fort Myers, Florida on November 30, 1975 and she began singing in church at age 3. Her debut album was certified 2X multi-platinum by RIAA. The album Ten Thousand Angels was released by BNA Records in 1996 and the album sold two million copies and boasted four country charting singles. Her fourth studio album had 12 singles that reached the Billboard country singles charts. McCready’s fifth studio album, I’m Still Here was critically acclaimed critically. In June 2009, she signed up to appear on the reality series Celebrity Rehab with Dr. Drew to deal with her alcohol and mental health issues. McCready. On February 17, 2013, Mindy McCready was found dead of an apparent suicide in Arkansas at the age of 37.
Read More