Michael Wilhelm Hamman Theunissen’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro Translator
Was Translator 
From South Africa 
Gender male
Birth 25 July 1902, Colesberg, South Africa
Death 6 July 1974, Pretoria, South Africa
(aged 71 years)
Star sign Leo

Michael Wilhelm Hamman Theunissen (1902 – 1974), was ‘n vertaler in diens van die destydse Taaldiensburo. Hy was ook skrywer van romans, gebaseer op sy vele omswerwinge deur Suid-Afrika, VSA, die Verenigde Koninkryk en Europa.

Agtergrond

MWH (Hamman) Theunissen, is gebore in die Colesberg, Wes-Kaap-distrik, op die plaas Oorlogspoort. Sy pa, Dirk Cornelis Theunissen, was ‘n boer. Sy ma, Elizabeth Johanna Maria (Pollie) Theunissen neè Hamman, is beskou as ‘n vrou wat goed belese was vir haar tyd. Hamman was een van vyf kinders: Hendrik (N.H. Theunissen), (1897), Era (1900), Dirk (1904) en Koet (1914).

Opleiding

Hamman het skoolgegaan in Trompsburg, Ermelo en matrikuleer in 1920 op Bethal. Daarna studeer hy aan die TUK, maar onderbreek dit, en voltooi dit eers later (moontlik 1933/34).

Ongeveer 1927, tydens ‘n reis deur Europa, leer hy Deens en behaal ‘n diploma in Suiwelkunde aan ‘n landboukollege in Jutland, Denemarke.

In 1937, verwerf hy ‘n ‘Master of Arts’ aan die Universiteit van Columbia, New York.

Loopbaan en omswerwinge

In 1926 kry hy ‘n geleentheid om as hulp, beeste per boot na Engeland te vervoer op die skip Cawdar Castle. Die skip arriveer September 1926 in Birkenhead, Liverpool, Engeland. Hiervandaan toer Hamman per fiets deur Engeland, Wallis, Skotland, Holland, België en Noord-Frankryk. Hy het na raming sowat 1800 myl afgelê. Tydens hierdie reis het hy ook per trein deur Italië, Switserland en Denemarke gereis.

Na sy terugkeer, het hy skoolgehou op Kranspan, Carolina en Soetfontein naby Pietersburg, tot 1929.

Die reisgogga het hom weer gebyt en hy is in 1936 na die VSA, waar hy ingeskryf het aan die Universiteit van Columbia in New York. Na vertelling het hy maar min geld gehad en kon soggens net ‘n koffie en donut bekostig, oppad universiteit toe, en een saans een maaltyd by die losieshuis. Hy het ook in daardie tyd na Kalifornië gereis, en die ervarings in twee romans verwerk: Van Veld na Prairie en Op die Prairies.

Terug op eie bodem, werk hy vir twee jaar in Kaapstad as joernalis vir Die Suiderstem. In 1940 tree hy by die Staatsvertaalburo (Taaldiensburo) in Pretoria in diens. In 1946 kry hy aanstelling as assistent-redakteur by die ”Die Voorslag” in Pretoria, hoewel dit nie duidelik is hoe lank hy daar gewerk het nie, want hy werk tot en met sy aftrede by die Taaldiensburo. Hamman het enkele romans die lig laat sien; en ook ‘n aantal artikels is in tydskrifte gepubliseer.

Hamman was drie tale magtig: Afrikaans, Engels en Deens.

Werk

Boeke

  • Drosters, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, Stellenbosch en Bloemfontein, 1932
  • Vakansie-Avontuur, Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, 1940
  • Raaiselkind, Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, 1943 (illustrasies deur D.S. Hendriksz)
  • Diamante-Avontuur, Unie-Volkspers Beperk, Kaapstad, 1943
  • Koerante-Avontuur, 1945
  • Van Veld na Prairie, Voortrekkerpers Beperk, Johannesburg, 1947
  • Op die Prairies

Tydskrifartikels

Die wonderlikste gebeurtenis in my lewe, South African Railways and Harbours Magazine, March 1939, 345-349.

Verwysings na werklike gebeure en plekke

Hamman se romans is gebaseer op dinge wat hy self gesien en ervaar het. Sy stories is gesetel in familie, die platteland teenoor die stadslewe, en vriendskappe. Daar is veral boesemvriende en -vriendinne, of broers en susters in sy verhale: Gys en Kennie, Edward en John in Vakansie-Avondture; Jan en Martin, Hanna en Fransina in Drosters; Amandus en Marius in Van Veld na Prairie. Ook plaasdiere, skool en staat (die polisie en howe word na verwys), vorm deel van die millieu. Sy boeke kan dus interessante insig verleen aan die alledaagse lewe van Suid-Afrika in die jare 30 tot 50’s, toe dit geskryf en gepubliseer is. ‘n Paar van sy boeke het misdaad as die sentrale tema en die idees daar rondom kon ontstaan het toe hy as joernalis gewerk het.

Unieke woorde

Hy het woorde gebruik wat tans in onbruik is, maar waar waarvan die betekenis teenwoordig nog duidelik is:

  • Mooiighede (Drosters, bl1)
  • Skoenwaks (Drosters, bl 28)
  • Boetelinge (Drosters, bl 58)
  • Sael (Drosters, bl 69)
  • Voetbalbreier (Vakansie-Avonture, bl x)
  • Verplie (Vakansie-Avonture, bl 49)
  • Beurs (ipv beursie, Vakansie-Avonture, bl 52)
  • Boewetipes (Vakansie-Avonture, bl 64)
  • Kruisvraery (Vakansie-Avonture, bl 66)
  • Stoomskopgraaf (Van Veld na Pairie, bl 124)
  • Gonnel (Van Veld na Pairie, bl 233)

Gebruik van sy voorletters in gepubliseerde boeke

Die boeke van Hamman Theunissen is gepubliseer onder die voorletters M.H., en nie sy volle voorletters M.W.H. nie, omdat hy blykbaar nie lief was vir sy middelste naam, Wilhelm, nie. Koerante-Avontuur se auteur is ook verkeerdelik op die web aangegee as N.H. Theunissen (Hamman se broer, Hendrik), terwyl Van Veld na Praiirie verkeerdelik op die binne-blad as M.A. en nie M.H. nie, gedruk is. Die buiteblad gee hom egter korrek aan as ‘Hamman Theunissen’.

Gesin en familie

Hamman trou met Sara Meyer op 2 Oktober 1943, drie kinders is gebore: Dirk Johan Hamman (1945), Johanna Petronella (1947-2005) en Andrie Cornelia (1948). Hy was broer van N.H. Theunissen, medeskrywer van die boek: ”Kommandant-Generaal Hendrik Potgieter”, saam met Dr. Carel Potgieter.

Bronne

  • Ons eie Boek, Desember, 1944 (Diamante-avontuur)
  • Kerkbode, 18 Oktober 1944 (Diamante avontuur)

Verwysings

Externe skakels

  • https://colesberginfo.co.za/history.php
  • http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000400004
You May Also Like

Ray Dalio’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Ray Dalio net worth: Ray Dalio is an American businessman who has a net worth of $14 billion dollars. Ray Dalio was born in Jackson Heights, Queens, New York in August 1949. Ray is the son of a jazz musician. He started to invest at the age of 12 buying stocks. He graduated from Long Island University and earned an MBA from Harvard Business School. He then worked at the New York Stock Exchange as well as investing in commodity futures. Dalio worked in the commodities division for Merrill Lynch in 1972. He went on to work at Dominick & Dominick LLC as the Director of Commodities. He joined Shearson Hayden Stone in 1975 as a futures trader and broker. He started Bridgewater Associates in 1975 in Westport, Connecticut. In 2012 the company became the largest hedge fund in the world and is now worth over $150 billion in assets under management. Ray predicted the global financial crisis in 2007. The next year he published an essay on his philosophies. He started making videos for You Tube in 2013 to share economic theories and investment secrets. Ray is married and has four children. Net Worth details: Ray Dalio owns 79 percent of Bridgewater Associates Intermediate Holdings. The company administers about $1590 billion worth of assets and is valued at just under $11 billion. From 2010 to 2015 Dalio earned at least $7.7 billion in profit from Bridgewater, and he also earned $1.44 billion from 2005 to 2009. He has also donated more than $1 billion to his Dalio Foundation.
Read More

Hart Bochner’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Hart Bochner net worth: Hart Bochner is a Canadian actor, film director, screenwriter, and producer who has a net worth of $5 million. Hart Bochner was born in Toronto, Ontario, Canada in October 1956. As an actor he had a recurring role on the TV mini-series East of Eden as Aron Trask in 1981. Bochner had a recurring role on the TV mini-series War and Remembrance as Byron Henry from 1988 to 1989. In 2008 he had a recurring role as Zach McNeill on the TV series The Starter Wife. Hart Bochner starred as Lieutenant on the TV mini-series Too Old to Die Young in 2019. He has appeared in several films including Supergirl, Die Hard, Mr. Destiny, Anywhere But Here, Urban Legends: Final Cut, Carrie (2013), and more. Hart Bochner has also appeared in episodes of the TV series Leverage, Grey’s Anatomy, Franklin & Bash, Scandal, Royal Pains, Criminal Minds, and more. He wrote, directed, and produced the films The Buzz and Just Add Water and directed the movies PCU and High School High. He is the son of Lloyd Bochner.
Read More