| Intro | Afrikaans singer |
| Was |
Musician Singer |
| From | South Africa |
| Type | Music |
| Gender | male |
| Birth |
31 July 1944 |
| Death |
9 September 2012, Johannesburg, South Africa |
| Star sign | Leo |
Louis van Rensburg (* 31 Julie 1944 – † 9 September 2012) was ’n Afrikaanse sanger, komponis en liedjieskrywer. Hy het bekendheid verwerf met sy musiek vir die TV-reeks Ballade vir ‘n enkeling, waaronder die liedjie “Voshaarnooi”. Hy het ook klankbane vir verskeie ander TV-reekse soos Bart Nel, Bosveldwinkel, Wielie-Walie, Geknelde land, Meester en Arende geskryf. Meer onlangs het hy die temamusiek vir die sepie 7de Laan geskryf.
Van Rensburg is op die ouderdom van 68 oorlede nadat hy ’n maand vantevore in die Garden City-kliniek in Johannesburg met longontsteking opgeneem is. Hy laat sy vrou, Rita en twee seuns, Louis en Jacques agter.
Albums
Van Rensburg se albums:
- Solus Sewe (1973)
- Diverse Opnames (1974–1994)
- Ek ken ’n Melodietjie (1975)
- Ek en my Nooientjie (1976)
- Bosveldwinkel (1980)
- Katvoet (1981)
- Bosveldhotel, die moevie (1982)
- Windharp teen die tyd (1983)
- Oom Lewies se Bosveldmusiek (1985)
- Ballade vir ’n Enkeling (1986)
- Voshaarnooi(1987)
- My Musiek (1992)
- Ballade vir ’n Enkeling 2 (1993)
- Arende – Transkripsie (1994)
- Arende – Select (1994)
- Endangered Species (1995)
- Jy mag maar (1999)
- 7de Laan (2000)
- Tuiskoms (2012)
Hy het ’n SAMA-toekenning vir sy album Jy mag maar ingepalm.
Liedjies
Van sy bekendste liedjies is Voshaarnooi, Op My Ou Ramkietjie en Bella Boklam.
| Ballade vir ‘n Enkeling | Voshaarnooi |
|---|---|
|
Die woorde van Richard van der Westhuizen se liedjie Ballade vir ‘n Enkeling lui as volg: (Louis en Richard het saamgewerk aan die klankbaan van die reeks.)
|
Die woorde van Voshaarnooi, sy toonsetting van Boerneef se gedig:
|
Kyk ook
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Verwysings
Eksterne skakels
- Louis van Rensburg in die Internet-rolprentdatabasis
- Huldeblyk op SAUK2-nuus op YouTube
- Van Rensburg sing Voshaarnooi op YouTube
- Temalied van Arende, soos deur Van Rensburg gekomponeer op YouTube
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Louis van Rensburg.