| Intro | South African singer | |
| Is | Singer | |
| From | South Africa | |
| Type | Music | |
| Gender | female | |
| Birth |
2 May 1963, Nababeep, Nama Khoi Local Municipality, Namakwa District Municipality, South Africa |
|
| Age | 57 years | |
| Star sign | Taurus | |
| Instruments: |
|
Lieze Stassen is ‘n Suid-Afrikaanse sangeres wat op 2 Mei 1963 in Nababeep, Suid-Afrika gebore is. Na ‘n afwesigheid van amper ‘n dekade sedert 2003 het sy weer besluit om die verhoog te betree.
Geskiedenis
Nadat sy in 1981 by die Worcester Gimnasium ge-matrikuleer het, studeer sy by die Babs Laker’s Academy of Dramatic Art (ADK). Opnames vir haar solo debuutalbum begin in Januarie 1996 en in 1997 wen sy ‘n SAMA-prys vir vir die beste Afrikaanse kontemporêre album vir Thula.
In 2003 sterf haar seun Alexander (17) in ‘n motorfietsongeluk. Sy was gebroke en het gesweer sy sal nooit weer sing of selfs aan ‘n musiekinstrument raak nie. In 2011 verhuis sy na ‘n perdeplaas waar sy ‘n geestelike ommekeer ondergaan en besluit om te begin werk aan ‘n nuwe geestelike album, My hart is jou gebed. Hierdie album word in 2013 vrygestel.
Verwysings
Musiekvideo’s
- Brief vir Jan Blohm op YouTube.
Eksterne Skakels
- Kwêla: Lieze Stassen op YouTube.
- Na 10 jaar is Lieze Stassen terug op YouTube.