Lida Botha’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actress
Is Actor
Film actor
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Gender female

Lida Botha is ’n vryskutaktrise vir radio, televisie en die verhoog. Sy is in Namakwaland gebore en het aan die Hoërskool La Rochelle in die Paarl skoolgegaan. Ná skool het sy aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Sy is getroud met Johan Botha. Die egpaar verskyn in talle TV- en rolprentproduksies en is vandag by al die Afrikaanse kunstefeeste vir hul Oupa en Ouma stories bekend.

Botha het in die laat 1960’s en vroeë 1970’s vir die eertydse Sukovs en Swaruk gewerk. Sy was onder andere te sien as die ma in Gerben Kamper se produksie (vir Sukovs) van Chris Barnard se Pa maak vir my ’n vlieër Pa. In die laat 1970’s het sy ’n vryskutaktrise geword.

In 2009 het sy en Johan Botha in die TV-reeks Oupa en Ouma sit op die stoep gespeel wat deur Leon Kruger vir hulle geskryf en geregisseer is, gevolg deur die 2012-opvolg, Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties, ook deur Kruger. In 2012 het hulle JohanLida Produksies gestig om met die stuk te toer onder regie van Johan.

Verhoogrolle

Dit sluit in:

  • Die Van Aardes van Grootoor (1977)
  • Info Scandals (1977)
  • Karnaval (1981)
  • My seuns (1984)
  • Straties (2004)
  • Vrededorp (2005)
  • Faan se stasie (2006)

Televisie

Haar talle rolle sluit in:

  • Nommer asseblief
  • Moord
  • Arende
  • Meester
  • Meeulanders
  • Manakwalanners
  • Orion
  • Geraldina die tweede
  • Oupa en Ouma sit op die stoep
  • Oupa en Ouma sit op die stoep en raak romanties
  • Donkerland

Rolprente

  • Pad na jou hart (2014)
  • Otherside the Silence (2012)
  • Hoofmeisie (2011)
  • Roepman (2011)
  • Invictus (2009)
  • Deadly Harvest (2008)
  • Promised Land
  • Die storie van Klara Viljee (1992)
  • The Fourth Reich (1990)
  • Fiela se kind (1988)
  • Die Spaanse vlieg (1978)

Verwysings

You May Also Like