Lerina Erasmus’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actor and writer
Is Actor
Writer
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Literature
Gender female
Birth

1946

Age 75 years

Lerina Erasmus was ‘n Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Sy het die rol van Rusty in die SAUK-sepie Orkney Snork Nie vertolk. Sy is ook die outeur van die Mannheimsage-trilogie.

Lewe en werk

Lerina Erasmus is in Namibië gebore as die enigste kind in die gesin. Haar pa, Pieter, is ’n boekhouer en ouditeur en die gesin verhuis gereeld as hy van werk verander. Haar ma, Vera, het ’n groot verbeeldingskrag en dramatiseer en maak stories op vir die kind, wat haar van kleinsaf stimuleer. Sy bring haar eerste jare op skool in Namibië deur, waarna sy ook skoolgaan op Lyttelton, Oos-Einde in Pretoria en Klerksdorp. Hulle trek dan terug Namibië toe, waar sy haar hoërskooljare voltooi.

Sy bestudeer Drama aan die Universiteit van Pretoria saam met tydgenote soos Katinka Heyns, Sandra Prinsloo, Neels Coetzee en George Ballot en verower hier die Ludwig Binge-toekenning. Hierna raak sy bekend as aktrise wat vir die streekrade optree in teaterproduksies soos Elektra, Antigoné en Medea, asook in televisiereekse soos Dokter Dokter en Drama Drama. Sy speel ook in die rolprent Dit was aand en dit was more, wat deur Franz Marx geregisseer is, en die rolprente Die drie Van der Merwes en The fifth season.

Verder vertolk sy verskeie rolle in vervolgverhale en dramas oor die radio, waaronder die gewilde Wolwedans in die skemer wat oor Springbokradio uitgesaai is. Later studeer sy aan die Max Reinhardt-Instituut in Oostenryk. Sy is vroeg in die sewentigerjare van die twintigste eeu getroud met Günther Alfred Schmikal, ’n Oostenrykse ingenieur en hulle woon in Parkwood in Johannesburg. Hulle het ’n seun, Stefan-Pieter.

Sy is op Maandag 20 Augustus 2018 in Johannesburg in die ouderdom van 71 jaar oorlede.

Skryfwerk

Radioreekse

Na die geboorte van hulle seun spits sy haar toe op skryfwerk, wat uitloop op talle radioreekse, soos Die Mannheimsage, My hartjie my liefie, Noodskoppelmaai, Solitaire en Vriendinne. Sy word dan versoek om Die Mannheimsage vir televisie te verwerk, met die oog op die Johannesburgse eeufeesjaar in 1986.

Radiosondergrense saai haar radiodrama Die September-insident uit, waarin twee mense met totaal verskillende agtergronde en van uiteenlopende gemeenskappe deur onvoorsiene omstandighede bymekaar gebring word.

Televisiereekse

Daarna skryf sy ook die televisiereeks Moordspeletjies en is vir ’n tyd verantwoordelik vir die hoofstorielyn van die sepie Glaskastele. Die televisiereeks Dot & Kie is ook uit haar pen.

Haar eerste vollengte draaiboek is While the music lasted (oor wit, swart en bruin dansers wat desperaat probeer om ’n kompetisie te wen in apartheid Suid-Afrika) en sy skryf ook die draaiboek van Die Leliemoordenaar.

Mannheim-saga

Sy gee self die drie boeke in die Mannheim-sage uit en doen baie navorsing na die geskiedenis van die goudvelde in Transvaal. In Fortuinsoekers word die verhaal vertel van die ontdekking van goud in Johannesburg en die stryd van die kunssinnige en eksentrieke mynbaas Karel Mannheim en Kit Malloy om die hand van Deborah von Albein.

In Goudkewers loop Johannesburg gevaar om ’n spookdorp te word, omdat die goud deurspek is met piriet, wat nie deur konvensionele metodes verwyder kan word nie. Die delwers probeer dieper delf (en word so die goudkewers) om te kyk of die dieper ertslae nie van beter gehalte is nie. Die Jameson-inval en Anglo-Boereoorlog neem feitlik al Karel Mannheim se tyd in beslag. Deborah word gedwing om die bestuur van die goudmyne oor te neem in haar man se afwesigheid, terwyl Kit Malloy steeds teenwoordig is en sy moet kies tussen hom en haar verpligtinge.

Die vervolmaking van die sianiedproses skep ’n goue era vir Johannesburg en die pioniere word Goudbaronne. Karel Mannheim probeer die liefde van sy vrou herwin, maar die oorlog het diep letsels op haar gelaat. Hulle seun en Kit Malloy se dogter raak verlief en die familievete word voortgesit.

Eerbewyse

In 2009 word sy ingelyf in die Foxwood-landgoed in Houghton se Tuin van Beroemdes.

Publikasies

Radioreekse

Van die radioreekse wat sy geskryf het sluit in:

  • Die Mannheimsage (later ook op TV uitgesaai)
  • Hartjie my Liefie
  • Noodlotskoppelmaai
  • Solitaire en Vriendinne

Boeke

Die Mannheimsage-trilogie vertel die verhaal van die eerste jare van Johannesburg, die ontstaan van goudmynbedryf, die verwoestende oorlog en die opbou van Johannesburg daarna. Die boeke is:

  • Die Fortuinsoekers, 2007, ISBN 978 0 620 38662 3
  • Die Goudkewers, 1998, ISBN 978 0 620 38663 0
  • Die Goudbaronne, 2006, ISBN 0-620-36009-7

Van haar ander boeke:

  • Moordspeletjies
  • Glaskastele (hoofstorielyne)
  • Die Leliemoordenaar, 2016, ISBN 978 0 798 17421 3

Aktrise

Teaterproduksies

Van die teaterproduksies waarin sy gespeel het:

  • Elektra
  • Antigoné
  • Medea

TV-optredes

Sy verskyn in die volgende TV-programme:

  • Orkney Snork Nie, SAUK as Rusty
  • Dokter-Dokter, SAUK
  • Drama-Drama, SAUK

Verwysings

Boeke

Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem. Trippelgoud vir Lerina. Plus, 5 Julie 2006
  • De Kock, Lochner. Lerina: Diamant met vele fasette. Rapport-Tydskrif, 21 November 1999
  • Fourie, Corlia. My plekkie in die son. Rooi Rose, 23 Junie 1999
  • Odendaal, Thys. Sage in ’n nuwe baadjie. Beeld, 24 Oktober 2007
  • Roos, Martjie. Lerina voltooi die Mannheim-sirkel. Rapport, 9 Julie 2006
  • Snyman, Mariette. Ter wille van die liefde. Rooi Rose, Oktober 2006

Ander verwysings

You May Also Like

Dorial Green-Beckham’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Dorial Green-Beckham net worth: Dorial Green-Beckham is an American professional football player who has a net worth of $4 million. Dorial Green-Beckham was born in St. Louis, Missouri in April 1994. He is a wide receiver who was a two-time USA Today High School All-American and won the Hall Trophy playing for Springfield Hillcrest High School. He was also the first wide receiver since 1989 to be named USA Today Offensive Player of the Year. Green-Beckham played his college football at Missouri where he was named second-team All-SEC in 2013. He was drafted #40 by the Tennessee Titans in the 2015 NFL Draft. Green-Beckham played for the Titans in 2015 and has played for the Philadelphia Eagles since 2016. In 2015 he signed a four year deal for $5.6 million with the Titans.
Read More

Pia Zadora’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Pia Zadora net worth: Pia Zadora is an American actress and singer who has a net worth of $25 million dollars. Born in Hoboken, New Jersey, Pia Zadora, also known as Pia Alfreda Schipani, began performing on stage, professionally, when she was in elementary school. The daughter of a Broadway wardrobe supervisor and a violinist, she appeared in multiple musicals as a child, including the original cast of “Fiddler on the Roof”. She launched a film career in the mid-60s, and went on to appear in projects like, “Santa Claus Conquers the Martians”, “Butterfly”, “The Lonely Lady”, “Voyage of the Rock Aliens”, “Hairspray”, “Troop Beverly Hills”, and “Naked Gun 33 1/3: The Final Insult”. Her on-camera acting career was not particularly successful, and critics were not kind. She shifted her focus to a music career in the mid-80s, and achieved success in Europe, but was not as successful in the US, though she did receive a Grammy nomination in 1984 for “Rock It Out”. She has released multiple albums since then, but has been only moderately successful. Recently, she began touring again, performing in her own cabaret show entitled, “Pia Zadora: Back Again, And Standing Tall”. In 2015, she also appeared on the hit reality series, “Celebrity Wife Swap”, where she traded lives with actress, Cloris Leachman.
Read More