| Intro | South African chess player |
| Was |
Chess player Correspondence chess player |
| From | South Africa |
| Type | Sports |
| Gender | male |
| Birth | 6 June 1928 |
| Death |
2 August 2019 (aged 91 years) |
| Star sign | Gemini |
Leonard Raymond Reitstein (6 Junie 1928 – 2 Augustus 2019) was ‘n gerespekteerde lid van die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika. Hy het ‘n groot rol in die ontwikkeling van skaak in Suid-Afrika gespeel. Hy is in Kaapstad gebore en het skoolgegaan aan Seepunt Laerskool vir seuns en later Hoërskool Oudtshoorn. Sy pa, Julian, was ‘n Joodse vlugteling en sy ma, Greta, ‘n kunstenares en digteres.
Hy was president van die Kaapstad Skaakklub en SA Skaakfederasie. Hy het in verskeie plekke regoor die wêreld skaak gespeel, self in Kuba in 1966 waar hy vir Fidel Castro ontmoet het. Hier was hy die kaptein van die SA Skaakspan. Hy het boeke oor skaak geskryf, onder meer Test Your Chess en A History of Chess in South Africa. Hy het ook die tydskrif The South African Chess Palyer self uitgegee.
Hy het onder andere vir Blumberg & Kleinman gewerk en later vir die Joodse Raad van Afgevaardigdes. Hy het in 1953 met Ruth getrou en daar is drie kinders uit die huwelik gebore. Hy is op 2 Augustus 2019 in Kaapstad oorlede.
Verwysings
Bron
- SA Skaak verloor ‘n reus met Reitstein se dood. Rapport, 13 Oktober 2019