Kobus Jordaan’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African politician
Is Politician
From South Africa
Type Politics

Jacobus Adriaan (Kobus) Jordaan (gebore Kimberley, Kaapland, Suid-Afrika, 2 Desember 1937) is ‘n afgetrede onderwyser en universiteitsdosent asook ’n voormalige kommissaris-generaal van die tuisland Gazankulu, senator, Volksraadslid en lid van die eerste Wetgewende Vergadering ná 1994.

Opleiding en onderwysloopbaan

Jordaan het sy skoolopleiding aan Grey-kollege in Bloemfontein ontvang en was een van 10 oudleerders van dié skool wat in die laaste parlement van die “ou” Suid-Afrika gedien het. Die ander was dr. Kraai van Niekerk (NP), dr. Manie Schoeman (NP), Attie Jooste (NP), Cehill Pienaar (KP.), brig. Kobus Bosman (NP), dr. Arrie van Rensburg (NP), Issy Pinshaw (NP), Jacko Maree (NP) en dr. Francois Jacobsz (NP). Van dié groep was Jordaan al lid van die Demokratiese Party. Ná skool het hy aan Kovsies ‘n B.Sc. (Hons.) behaal en in dié universiteit se studenteraad gedien.

Jordaan het van 1961 tot 1967 onderwys gegee aan die Sekondêre Skool Katete in Noord-Rhodesië, wat in dié tyd onafhanklik geword het as Zambië. Van 1963 tot 1967 was hy onderhoof van die skool. Hy het die onafhanklikwording in 1964 meegemaak en die land daarna gereeld besoek. In 1967 keer hy na Suid-Afrika terug en word dosent in wiskunde aan die destydse Bloemfonteinse Onderwyskollege. Van 1969 tot 1977 was hy lektor in geografie aan die Universiteit van Zoeloeland.

Politieke loopbaan

Nasionale Party

Jordaan was terwyl hy aan die universiteit doseer het, voorsitter van die Nasionale Party se Mtunzini-tak en van 1974 tot 1980 hoofkommissaris van die NP in Natal. Nadat die Verenigde Party, wat jare lank die Nasionale Provinsiale Raad oorheers het en die meeste van die senatore uit dié provinsie gehad het, voor die algemene verkiesing van 1977 ontbind en opgegaan het in die Nuwe Republiek-party, het Jordaan van daardie jaar tot 1980 as benoemde NP-senator in gedien. Hy is toe aangestel as kommissaris-generaal van die tuisland Gazankulu, ‘n klein, selfregerend gebied (tuisland) in die noordooste van Transvaal wat, toe dit in 1994 afgeskaf is, sowat 7 500 km beslaan het en ‘n geskatte bevolking van 804 000 gehad het. Van 1985 tot 1988 het hy ampte in eers die departement van buitelandse sake en toe grondwetlike ontwikkeling. Van 1984 tot 1985 was hy ook raadgewer van min. Gerrit Viljoen.

Demokratiese Party

Jordaan was in die algemene verkiesing op 6 September 1989 een van drie kandidate van die Demokratiese Party – gestig op 8 April daardie jaar – wat Durbanse kiesafdelings wat die NP in 1987 met ’n klein meerderheid van die PFP verower het, vir die DP kon wen. Jordaan het die dienende NP-LP, Renier Schoeman, verslaan. Sy aansluiting by die DP was die einde van ‘n verbintenis met die NP in Natal wat teruggestrek het tot vroeg in die sewentigerjare. Hy het eers kort voor die verkiesing uit die toe regerende party bedank en tydens die veldtog oor sy oorlopery na die DP gesê dit was vir hom ’n “traumatiese” gebeurtenis, maar dit was makliker omdat hy “reeds lank gelede van apartheid afskeid geneem het en in 1987 in (die Pretoriase kiesafdeling) Sunnyside vir die eerste keer Prog (PFP) gestem het”. Die ander twee kiesafdelings wat die NP aan die DP moes afstaan, was Umbilo en Durban-Punt.

Met sy toetrede tot die Volksraad in 1989 is Jordaan aangestel as DP-woordvoerder oor streeksontwikkeling. Hy is in 1991 verkies tot ondervoorsitter van die DP se nasionale raad nadat hy dr. Denis Worrall op die party se nasionale kongres om dié amp verslaan het. In dieselfde jaar is hy as een van die DP se span van 12 lede aangewys wat sou deelneem aan Kodesa. Die ander 11 dr. Zach de Beer, leier van die DP,
Colin Eglin, Ken Andrew, David Dalling, Mahmoud Rajab, Peter Soal, Errol Moorcroft, David Gant, dr. Richard Ernest van der Ross, dr. Denis Worrall en Helen Suzman.

In April 1992 was Jordaan een van sewe DP-LV’s wat geheime samesprekings met die ANC-leierskap in Johannesburg gevoer het. Dit het daartoe gelei dat vyf van die party se Volksraadslede hulle op 21 April by die ANC aangesluit het: Dave Dalling (Sandton), Pierre Cronje (Greytown), Rob Haswell (Pietermaritzburg-Suid), Jan van Eck
(Claremont) en Jannie Momberg (Simonstad). Hoewel die ANC toe nog nie ‘n politieke party was nie en hulle die organisasie dus nie amptelik in die parlement kon verteenwoordig nie, was hulle in der waarheid die eerste ANC-lede in die Volksraad, al moes hulle vir eers hul plek as onafhanklikes inneem. Jordaan en nog twee LV’s, Wessel Nel (Mooirivier) en André de Wet (benoem), het hulle ná die eerste dag aan die samesprekings met die ANC onttrek, maar hulle was ook lid van die DP se “linkervleuel”. Van die vyf oorlopers het die partyleier, dr. Zach de Beer, almal behalwe Dalling geskors. Hy was in die hospitaal tydens die gesprekke met die ANC, maar het hom later by die oorlopers geskaar.

In September 1992 het Jordaan as lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde Kerk bedank weens ontevredenheid omdat sommige leiers in die NG Kerk in Natal ’n uitnodiging na ’n gebedsbyeenkoms om vrede van die hand gewys het. Ná sy bedanking uit die NG Kerk het hy oorgegaan na die destydse NG Sendingkerk. Destyds het hy gesê hy en sy gesin is “in die NG Kerk gebore en gedoop” en het met die jare “gebid en teen die apartheid in die kerk geveg . . . Ons het nog altyd geglo dat gelowe, hoe verskillend ook al, die waardigheid en gelykheid van alle mense moet verkondig. Daarom moet dit sonder twyfel ‘n rol speel om vrede en orde in die land te bewerkstellig.”

Jordaan was in 1994 een van net sewe DP-LP’s wat die paal gehaal en verkies is tot die Wetgewende Vergadering ná die eerste demokratiese verkiesing. Omdat die DP-koukus destyds so klein was, het hy van 1994 af gedien as DP-woordvoerder oor intelligensie; openbare ondernemings; minerale en energiesake; openbare diens; en waterwese en bosbou. Hy was ook adjunkwoordvoerder oor landbou; grondsake; kommunikasie (insluitende die Poskantoor en Telkom); binnelandse sake; openbare werke; en kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie.

Hy het einde 1998 as LP bedank en enkele maande later ook uit die DP.

Gesinslewe

Jordaan is in 1962 getroud met Nela Ferreira. Uit dié huwelik is drie seuns gebore. Ná haar dood is hy in 2015 weer getroud. Sy broerskind Willem Jordaan is in April 2016 aangestel as redakteur van die dagblad Die Burger.

Bron

  • (en) Hayes, Sandra. 1998. Who’s who of Southern Africa. Johannesburg: Who’s Who of Southern Africa.

Verwysings

Eksterne skakels

  • (af) Afrikaners vlieg mekaar toe behoorlik in die hare, Beeld, 1 Oktober 1991. URL besoek op 7 April 2016.
You May Also Like

Aishwarya Rai’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Aishwarya Rai net worth: Aishwarya Rai is an Indian actress who has a net worth of $100 million. Aishwarya Rai has earned her net worth from her prolific acting career, which includes dozens of movies in Hindi, English, Tamil and Bengali. Aishwarya is considered one of the most beautiful women in the world and is one of the most popular celebrities in India. She came to prominence after winning the 1994 Miss World pageant. She was born in Mangalore, Karnataka, India, into a Tulu-speaking Bunt family. Her mother Brindya was a housewife and her father Krishnaraj was a marine biologist. Her older brother, Aditya Rai, is an engineer in the merchant navy, and also co-produced one of her movies, Dil Ka Rishta, in 2003. Aishwarya took classical dance and music lessons for five years during her teens. She attended Raheja College to become an architect, however, she quickly gave that up to work on her modeling career. When she was in the ninth grade she completed a modeling assignment for Camlin Pencils. In 1991, Rai was one of the model contestants in the Ford Supermodel Contest and also appeared in Vogue Magazine. She would eventually appear on the cover of Vogue multiple times. Her popularity soared after she appeared in a Pepsi commercial alongside Aamir Khan. Interestingly, she is the only celebrity to endorse both Coke and Pepsi at various points. Other major endorsements would eventually include Longines watches, Coca-Cola, Lakmé Cosmetics, Casio pager, Philips, Palmolive, Lux, and Fuji films. In India she was the official brand ambassador for De Beers diamonds. Rai’s first film, as an actress, was in the Mani Ratnam’s Tamil biopic film, Iruvar, which debuted in 1997. The film won many awards, including the Best Film award at the Belgrade International Film Festival, and also two National Film Awards. She has also appeared in other films, such as; Sanjay Leela Bhansali’s Hum Dil De Chuke Sanam, Subhash Ghai’s Taal and in Mansoor Khan’s Josh. Aishwarya’s professional acting career suffered a setback in 2003, due to two major box office flops, Rituparno Ghosh’s Bengali film Chokher Bali, and Bollywood film Dil Ka Rishta. Some of her more recent movie roles include; Ashutosh Gowariker’s historical drama, Jodhaa Akbar, in Harald Zwart’s spy comedy film, The Pink Panther 2 and in the science fiction Tamil film, Enthiran. She is also very active in social work, for instance, in 2004 she helped raise money for victims of the 2004 tsunami and earthquake, through an event called, the HELP! Telethon Concert. Also, in 2009, she was appointed the first Goodwill Ambassador of Smile Train. Aishwarya met actor, producer, and television presenter, Abhishek Bachchan in 1997. They were married in 2007, and welcomed their first child in November 2011. Bachchan comes from a large Indian family, of whom many members have been a part of the Indian film industry.
Read More

Juan Roig’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Juan Roig net worth: Juan Roig is a Valencian entrepreneur who has a net worth of $4.9 billion. Juan Roig is the President of the Supervisory Board of Mercadona grocery store chain, founded in 1977 by his parents, who were aiming to expand their than-owned group Meat Roig overseas at the time. Acquainted with the intricacies of the business at very young age, Juan Roig now holds a 55% stake in the 1,356-store food empire, which is present in 47 provinces and 16 of the 17 autonomous communities of Spain. He didn’t let his business wane due to Spain’s financial crises, cutting prices in stores by 14% and thus helping Spanish families get through the squeeze. Thus, Mercadona’s low-price marketing strategy made his company capture a 22% market share, the largest of any grocer. The company also prides itself on its vast number of employees, around 63,500, who enjoy company’s benefits and are 66% female. All of his daughters, Hortensia, Amparo, Juana and Carolina, sit on the supervisory board next to their dad. Apart from his shrewd business acumen, Juan has launched a seed capital fund for entrepreneurs as well as a charitable foundation that sponsors a half marathon event in Valencia. What’s more, he attends Valencia’s professional games twice a week, since he is a huge basketball fan.
Read More