| Intro | South African musician |
| Is | Musician |
| From | South Africa |
| Type | Music |
| Gender | male |
| Birth |
18 August 1971, Rustenburg, South Africa |
| Age | 49 years |
| Star sign | Leo |
Kevin Leo (gebore 18 Augustus 1971 in Rustenburg) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger wat opera- en ligte Afrikaanse liedjies sing. Hy tree ook gereeld saam met Jakkie Louw op onder die verhoognaam Jakkals en Leo; en saam met Mathys Roets en Danie Niehaus as Drie van die Bestes. Hy is bekend vir treffers soos Se C´est la vie, Ek sal jou nooit vergeet en Liewe broer.
In 1994 dring hy deur tot die finale rondte van die Crescendo-kompetisie in die afdeling mansvokaal.
Leo neem in Junie 2006 aan die internasionale operakompetisie Valsesia Musica in die Piëmontese Valsesia-Alpevallei in Italië deel en behaal die vierde plek. Tydens die wennerskonsert is Leo as Pavarotti Pocco of Klein Pavarotti voorgestel.
Albums
- Sentimental Christmas
- Sentimental Duets
- Se, C’est La Vie
- VOiCE, 2003
- Met Die Treffers
- Se, C’est La Vie, 1999
- Jy’s Ongelooflok
- Gé – Lied van my lewe
- XXI – Gospel Album
Verwysings
Sien ook
- Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Eksterne skakels
- Leo se amptelike webtuiste