| Intro | South African musician |
| Is | Musician |
| From | South Africa |
| Type | Music |
| Birth | KwaZulu-Natal, South Africa |
Jannie Moolman is ‘n tenoor wat opera en Afrikaanse liedjies sing. Hy het sy operaloopbaan in 1990 begin na voltooiing van sy BA-Kommunikasiekundegraad aan die Universiteit van die OVS. Van sy treffers sluit in: Liefling, Ons Winter Is Verby en Ek Mis Jou Elke Dag.
Moolman was ook die aanbieder van die TV-program Kom ons Karaoke wat op kykNET uitgesaai is.
Hy is in 2010 van sy eks-vrou, die violis Annake de Villiers geskei. Sy het in 2012 selfmoord gepleeg.
Diskografie
- My Storie DVD, 2009
- Ek Kom Huistoe, JZM02 2007 Jannie Moolman
- Terugblik – Klassieke Gunstelinge . 2007 SALON MUSIEK
- Die Duet Album, met Rina Hugo, 2006 SONY
- Hoëveld Kleure, BOWLINE
- Jannie Moolman, 2005 RPM
- Jannie Moolman en Vriende DVD, 2004 WARNER
Verwysings
Sien ook
- Lys van Suid-Afrikaanse musikante
Eksterne skakels
- Jannie Moolman se amptelike webtuiste