Harry Stratford Caldecott’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African painter
A.K.A. Strat Caldecott, Strat Caldecott Caldecott
Was Painter
From South Africa
Type Arts
Gender male
Birth

1886

Death

1929, Wynberg, City of Cape Town, Western Cape, South Africa
(aged 43 years)

Harry Stratford Caldecott (bekend as Strat Caldecott; 1886–1929) was ’n Suid-Afrikaanse skilder wat sy opleiding in Parys ontvang en ’n voorste eksponent van die Impressionisme geword het. Hy het landskappe vol lig en atmosfeer geskep. Sy vrou, die Britsgebore Florence Zerffi (1882–1962), was ook ’n gerekende skilder van hoofsaaklik stillewes.

Lewensloop

Harry Stratford Caldecott is op 27 Mei 1886 in Kimberley gebore. Hy studeer in 1912 aan die Académie Julia in Parys en in 1913 aan die École des Beaux-Arts, onder Gabriel Ferrier, ook in Parys.

Daarna woon en werk hy vir meer as tien jaar in Parys voordat hy hom in 1923 in Suid-Afrika hervestig. Hy het eerstehandse kennis en begrip van Franse Impressionistiese skildertegnieke na Suid-Afrika gebring. Baie van Caldecott se skilderye is egter nie onderteken of gedateer nie.

In 1924 trou hy met die kunstenaar Florence Zerffi. Die egpaar het deur die jare gereeld saam uitgestal, met hul eerste gesamentlike uitstalling in 1925. Hulle style was volkome teenoorgesteld – Zerffi s’n was die resultaat van haar Duitse opleiding, terwyl Caldecott s’n invloede van die Franse
skool getoon het.

Caldecott is met kanker gediagnoseer en is op 12 Desember 1929 in Wynberg oorlede. Hy was 43 jaar oud.

Fotogalery

Verder naleeswerk

  • Scholtz, J. du P.; Strat Caldecott 1886–1929, A.A. Balkema: Kaapstad, 1970
  • Stel van ses afdrukke van skilderye deur Strat Caldecott, Pranas Domsaitis, Wolf Kibel, Alexis Preller, Irma Stern en Jean Welz; Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum, OCLC 86034445
  • L. Alexander & E. Cohen; 150 South African paintings, past and present; Kaapstad; 1990
  • Alexander, Bedford & Cohen; Paris and South African artists 1850–1965, Kaapstad, 1988

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Harry Stratford Caldecott.
You May Also Like