| Intro | South african actress |
| Is | Actor |
| From | South Africa |
| Type | Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | female |
| Birth | 15 January 1982, Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa |
| Age: | 38 years |
Hanna Grobler is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Kiki Beltrame in kykNET se dramareeks, Getroud met Rugby. Sy was ook al in programme soos 7de Laan, Binnelanders, Johnny en die Maaiers, Doen met ‘n Miljoen en Askies te sien.
Biografie
Grobler is op 15 Januarie 1982 by die Moedersbond Vroue Hospitaal en Kraaminrigting in Pretoria gebore. Sy woon Laerskool Skuilkrans by en matrikuleer van die Pro Arte Hoërskool. Na skool verwerf sy ‘n dramagraad van die Universiteit van Stellenbosch.
Filmografie
- 100 meter Leeuloop, 2013
- Platteland, 2011 as Louise Ferreira
- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Kiki
- Bakgat! II, 2010 as meisie in badkamer
- Getroud met rugby (TV-reeks), 2009 as Kiki