George Ballot’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actor
Is Actor
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Gender male

George Ballot is ‘n Suid-Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentakteur. Hy is veral bekend vir sy rol as Skollie in die TV-drama Vyfster en die rolprent Vyfster: die slot.

Lewe

Ballot het aan die Universiteit van Pretoria studeer en in 1968 by Truk aangesluit. Teaterproduksies van dié geselskap waarin hy verskyn het, sluit in Professor Poffel en Professor Moffel (1968), Sirkusavontuur (1969), Kinkels in die Kabel (1970), Mattewis en Meraai (1970), Siener in die Suburbs (1971), Die Seemeeu (1972), Toiings (1973), Die Rebellie van Lafras Verwey (1975), ‘n Seder val in Waterkloof (1975), Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat (1975) en Brothers (1984).

Vir Kruik het hy verskyn in Vrede (1983), Kermis op Koekenmoer (1983), En Dit Was Môre (1985) en Die Park (1990).

Hy het later ook radio-, TV-, rolprent- en verhoogwerk gedoen en landwyd bekendheid verwerf vir sy rol as die beminlike maar komplekse misdadiger Skollie in die gewilde TV-reeks Vyfster en sy opvolgfliek. Hy was ook op TV te sien in TJ7 (1978).

Sy rolle in vroeë Afrikaanse flieks sluit in Bitter Lied van die Somer (1970), Die Sersant en die Tiger Moth (1974), Geluksdal (1974), Tant Ralie se Losieshuis (1974), Vergeet My Nie (1975), Blink Stefaans (1981), Die groen faktor (1984), Skollie (1984) en Vyfster: Die Slot (1985).

In die 1990’s het hy in Kaapstad afgetree, waar hy ’n kunsgalery bedryf het en nog by vermaak betrokke was.

Filmografie

  • Styx (video), 2001 as Ferguson
  • Sarahsarà, 1994 as Dr. Durer
  • Vyfster: Die Slot, 1985 as Skollie
  • Die Groen Faktor, 1984 as Hannes Jooste
  • Skollie, 1984
  • Vyfster (TV-reeks), 1984 as Skollie
  • Blink Stefaans, 1981
  • Vergeet My Nie, 1975
  • Die Sersant en die Tiger Moth, 1974
  • Geluksdal, 1974
  • Siener in die suburbs, 1973 as Albertus

Verwysings

You May Also Like

Michael Platt’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Michael Platt Net Worth: Michael Platt is a British businessman who has a net worth of $8 billion. Michael Platt acquired his billionaire status as co-founder of BlueCrest Capital Management, an alternative asset management firm. It was in late 2000 that he teamed-up with Williams Reeves to set up the company, as he was well-equipped with experience having spent almost a decade at JP Morgan. Since its foundation, the company has grown opening additional offices in New York, Boston, Geneva, and Singapore, apart from its headquarters in London. Over the years, BlueCrest Capital Management has accumulated $35 billion in assets under management, thus becoming one of Europe’s biggest hedge funds. In 2011, Platt bought his partner’s share and even the minority owner Man Group, for $633 million. But in 2013, his multi-strategy BlueCrest International fund is said to have lost 1.57%.
Read More