Frances le Roux’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African poet
Is Poet 
From South Africa 
Type Literature 
Birth 1973
Age: 47 years

Frances le Roux is ’n Afrikaanse skrywer en digter. Sy is ook ’n praktiserende fisioterapeut wat haar doktorsgraad verwerf in die gebruik van musiek vir fisiese heling en verskeie artikels in vakkundige tydskrifte oor hierdie onderwerp skryf.

Lewe en werk

Frances Hendriehetta le Roux word groot op Wellington, waar sy in 1973 aan die Hugenote Hoërskool matrikuleer. Sy bekwaam haar daarna aan die Universiteit van Stellenbosch as fisioterapeut, waar sy in 1977 die B.Sc.-graad in Fisioterapie behaal. In die tydperk tussen 1977 en 1989 werk sy in verskeie hospitale in Kaapstad soos Victoria Hospitaal in Wynberg vir drie maande, Lady Michaelis Hospitaal in Plumstead vir twee jaar, Princess Alice Hospitaal in Retreat vir nege maande en Valsbaai Hospitaal in Vishoek vir ’n jaa In hierdie tyd is sy vanaf 1980 deeltyds betrokke in ’n private praktyk, maar open dan haar voltydse praktyk in fisioterapie in 1989 in Vishoek naby Kaapstad. Haar belangstelling in musiek en die kunste lei tot ’n M.Sc.-graad oor musiekterapie, wat sy in 1999 aan die Universiteit van die Wes-Kaap behaal met ’n tesis oor “Die effek van largo-tempo musiek op pyn tydens fisioterapeutiese behandeling van werwelkolom patologie”. In April 2005 behaal sy ook haar Ph.D.-graad aan die Universiteit van Stellenbosch oor hierdie onderwerp met ’n proefskrif getitel “Die effek van musiek op die immuunsisteem, emosies en longfunksie tydens die standaard fisioterapeutiese behandeling van spesifieke longpatologie”. In die tussentyd woon sy ook verskeie kursusse in Suid-Afrika en Duitsland by om haar verder te bekwaam vir haar professie, insluitende in Junie 2003 die International Music/Medicine Symposium in Hamburg in Duitsland. Self bied sy ook verskeie werkswinkels aan. Sy is ’n lid van die International Society of Music in Medicine en skryf verskeie artikels oor hierdie onderwerp wat in akademiese tydskrifte verskyn, onder andere in Natural medicine, Hands on, Physio Forum, Journal of Music Therapy en South African Journal of Physiotherapy. Ander professionele verenigings waaraan sy behoort sluit in die South African Society of Physiotherapy, Private Practice Associates, Orthopaedic Manipulative Therapists Group, Pain Management Society of South Africa en Women’s Health Society. Sy behoort ook aan die Kirstenbosch Botaniese Vereniging en musiek en plantkundige verenigings in Vishoek. Sy woon in Glencairn naby Simonstad.

Skryfwerk

“Maria” en “Herskep” is digbundels. “Rut” is die lewensverhaal van hierdie Bybelkarakter, wat as vreemdeling saam met haar skoonmoeder na Israel gekom het en eindelik in Jesus se bloedlyn opgeneem is. Die verhaal word aangebied as ek-vertelling. Haar debuutroman “Naby Verlatensvlakte” speel in die Karoo naby Hebron af.Nina Olivier moet na haar man se dood probeer oorlewe in hierdie dorre wêreld en sy is boonop swanger. Die kluisenaar-geoloog Ralph Deutch se belangstelling in die Boesmans bring hom hierheen, maar hy worstel steeds met die trauma van sy kinderjare in Duitsland. Wanneer Nina se kind gebore word, draai sy by die dood om, maar Ralph neem haar hospitaal toe. Ook in die veld kom daar nuwe lewe na die welkome reën. Die gebeure in die roman “Winterhuis” speel af op die Oostelike Hooglande van Manikaland. Nancy se fisiese reis na die spits van die berg word ook ’n innerlike reis. Die helende invloed van die natuur op die mens en die onbreekbare band wat tussen verskillende kultuurgroepe bestaan om te kan oorleef word beskryf. Sy skryf ook die vakkundige werke “Music is healing” en “Music and babies”

Publikasies

Jaar Publikasies
1991 Maria
1993 Herskep
Rut
1997 Naby Verlatensvlakte
2001 Winterhuis
2006 Music is healing
2008 As die rooi papawers blom
2014 Music and babies

Bronnelys

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Internet

  • Frances le Roux: http://www.fhleroux.co.za/

Resensies

You May Also Like

Mahershala Ali’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Mahershala Ali net worth: Mahershala Ali is an American actor who has a net worth of $8 million. Mahershala Ali was born in Oakland, California in February 1974. He had an apprenticeship at the California Shakespeare Theater and earned his master’s degree from New York University’s graduate acting program. He starred as Dr. Trey Sanders in the television series Crossing Jordan from 2001 to 2002. From 2003 to 2004 Ali starred as Jelanie Harper in the TV series Threat Matrix. From 2004 to 2007 he starred as Richard Tyler in the series The 4400. From 2011 to 2011 Ali starred as Anthony King in the TV series Treme and as Nathan Clay in the series Alphas. Since 2013 he has starred as Remy Danton in the series House of Cards. Ali has starred in the movies The Curious Case of Benjamin Button, Crossing Over, Predators, The Play Beyond the Pines, Go for Sisters, The Hunger Games: Mockingjay – Part 1, and The Hunger Games: Mockingjay – Part 2. He has also appeared in episodes of the TV series NYPD Blue, CSI: Crime Scene Investigation, Lie to Me, Law & Order: Special Victims Unit, and Alcatraz. Ali has been nominated for many awards during his career. For his role in the critically acclaimed Moonlight, Ali won the Screen Actor’s Guild award and the Academy Award for Best Supporting Actor. He is the first Muslim actor to win an Oscar and the fifth black actor to win in the Supporting role category. One week before winning the Academy Award, Ali and his wife welcomed their first child, a daughter named Bari Najma.
Read More