| Intro | South African poet |
| Is | Poet |
| From | South Africa |
| Type | Literature |
| Birth |
1951 |
| Age | 70 years |
F.W. de Jongh (1951–) is ‘n Afrikaanse digter.
Lewe en werk
Hy het aan die Universiteit Stellenbosch studeer waar hy hom as onderwyser bekwaam het. Hierna word hy ‘n onderwyser op Villiersdorp.
Skryfwerk
Sy gedigte word eers in letterkundige tydskrifte soos Standpunte en Graffier gepubliseer, waarna hy debuteer met die bundel Klipsweet. Die titel is na aanleiding van dassies se droë urine op die rotse, wat vroeër dae as geneesmiddel gebruik is. Die bundel ontgin veral die tema van die mens se stryd met die natuur en word in vier afdelings verdeel Die eerste (Om ‘n beeldjie te kap) bevat gedigte oor digterskap en Klipbok handel hoofsaaklik oor die liefde. Die langste afdeling is Skape lek blink klippe, waarin die ongenaakbaarheid van die natuur belig word. Soos die afdelingtitel aandui, bevat Spoelgoed verse van uiteenlopende aard, ook oor die Suid-Afrikaanse aktualiteite van die dag. Sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende Groot verseboek en Die Afrikaanse poësie in ‘n duisend en enkele gedigte.
Publikasies.
| Jaar | Publikasies |
|---|---|
| 1981 | Klipsweet |
Bronnelys
Boeke
- Kannemeyer, J.C.: Die Afrikaanse literatuur 1652–2004 Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe. 2005.
Internet
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=De_Jongh,_F._W.