Ephraim Ngatane’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African artist
Was Artist 
From South Africa 
Type Arts 
Gender male
Birth 1938, Maseru, Lesotho
Death 1971
(aged 33 years)

Ephraim Ngatane (1938–1971) was ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is in Maseru gebore en het sy kinderjare in Johannesburg deurgebring, waar hy sy skoolonderrig eers aan die Rooke Memorial School en daarná aan die Orlando High School ontvang het. In 1952 het hy hom by die Polly Street Kunssentrum aangesluit, waar hy deur Cecil Skotnes onderrig is. Hy was een van die eerste professionele kunstenaars wat dié sentrum opgelewer het. Ngatane het ook onder Duncan Hall, ‘n Amerikaanse sendeling, gestudeer.

Ngatane het aanvanklik net in waterverf en gouache, maar later ook in olieverf gewerk. Hy was ook een van die eerste Swart townshipkunstenaars. Hy het nie net die ellende en armoede van dié woonbuurte uitgebeeld nie, maar ook die humor in dié mense se bestaan. Sy helder kleurgebruik het ook daartoe bygedra dat somber tonele soms ‘n opgewekte element gehad het. Hy het die menslike figuur gebruik om die ervarings van leed, vrees en vreugde uit te beeld.

Ngatane het sy eerste eenmanuitstalling in 1962 en daarná talle suksesvolle uitstallings, ook in Londen, gehou. Van sy werk is in 1966 op die African Art Exhibition by die Piccadilly Gallery in Londen ten toon gestel. In dieselfde jaar is van sy werk op die Republiekfeestentoonstelling uitgestal. Ngatane is in 1971 ná ‘n kort kunsloopbaan oorlede.

Verwysings

Bronnelys

  • Wêreldspektrum, Vol. 20, 205, ISBN 0 908409 61 3
You May Also Like

Taylor Dayne’s biography, fact, career, awards, net worth & life story

Taylor Dayne (also known as Leslie Wunderman) is a pop music singer-songwriter and with an estimated net worth of $4 million. She was born on the 7th of March 1962. Her first major hit was ‘Tell It To My Heart’ in 1987. This track reached the number 7 spot on the Hot 100. From then, she has had several other hits in the early 1990s and the late 1980s. ‘Love will lead you back’ is one of her tracks that made it to the top of the Billboard chart. Around eighteen of her songs were able to reach the top ten of the Billboard magazine.
Read More