Elzette Maarschalk’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actress
Is Actor
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Gender female
Birth

23 July 1959

Age 61 years
Star sign Leo
Family
Children: Pierre-Henrie van Pletzen
Education
University of Pretoria

Elzette Maarschalk (23 Julie 1959) is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat haar BA Drama graad aan die Universiteit van Pretoria behaal het. In haar finale jaar van haar studies het sy reeds ʼn hoofrol in die film, Beloftes van Môre, losgeslaan. Kort daarna het sy met vryskutwerk begin. Sy is getroud met die sanger Joseph Clarke en het twee kinders uit haar vorige huwelik saam met die akteur Pierre van Pletzen,  Zetske van Pletzen en Pierre-Henri (Peach) van Pletzen.

Loopbaan

Elzette was ook betrokke by die oorvertaling van films na Afrikaans wat ook genomineer was vir beste oorvertalings. Na ʼn bedrywige tyd in Johannesburg het sy verhuis na Bloemfontein waar sy betrokke geraak het by die Uitvoerende Kunste Raad vir die Vrystaat, waar sy deel was van skole se toneelopvoerings, pantomimes en musiekblyspele.

In 1988 het sy weer teruggekeer na Gauteng en is kort daarna deur Jan Scholtz genader om die rol Koekie in die televisiereeks Binnekring I en II te vertolk. Elzette het ook deur Suid-Afrika gereis met die musiekblyspel, Buddy Holly,  waar sy die rol van Maria-Elena vertolk het.

Van haar hoogtepunte van haar loopbaan lig Elzette uit:  

“En dan natuurlik my heel eerste televisiedrama Die Vlakte Duskant Hebron. Die musiekblyspel The Buddy Holly Story is ook vir my spesiaal, want dis waar ek my man, Joseph ontmoet het.”

Sy het hoofrolle in televisiereekse vertolk soos Die Vierde Kabinet, saam met Gys de Villiers, Arsenaal, saam met Ian Roberts, 7de Laan, Hart van Staal, Binnelanders en Wild at Heart vir die Hallmark Kanaal.

Vir ʼn paar jaar het sy haar toneelspel opsy geskuif om plek te maak vir vervaarding en regie van produksies.

In September 2010 het sy die regie vir Symphonic Queen in Nederland se Simfonie-orkes gedoen en na agt stede met die produksie getoer. In 2011 het sy die besprekings vir The Queen Experience in Nederland gedoen asook die verloop van die program van die produksie behartig.

Behalwe vir kommersiële teaterwerk, doen Elzette ook korporatiewe teater en privaat produksies.

Produksies

  • Vervaardiger en regisseur vir The QUEEN Experience met Joseph Clark (Nederland, 2012 & 2013 in Suid-Afrika)
  • Simply Irresistible met Joseph Clark & Juanita Kruger
  • Joseph Clark – The Music Of QUEEN (in Suid-Afrika, Italië en Duitsland)
  • ”Vivere” met Joseph Clark & Jannie Moolman
  • African Crossing (in Suid-Afrika en Duitsland)
  • Houtkruis – Die Musical
  • Joseph Clark & The Gaabo Motho Tenors
  • Joseph Clark’s Valentine’s Show
  • Joseph Clark & Gloria Bosman
  • Total Eclipse of the Heart met Joseph Clark & Ilse Klink

Bronne

  • https://www.tvsa.co.za/actors/viewactor.aspx?actorid=594
  • https://www.imdb.com/name/nm0530964/
  • http://thespians.co.za/elzette-maarschalk/
  • https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Bekendes/kyk-elzette-maarschalk-vier-haar-60ste-verjaardag-20190730
  • https://www.rooirose.co.za/zetske-van-pletzen-die-groot-avontuur/
You May Also Like

Tony Curtis’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Tony Curtis Net Worth: Tony Curtis was an American film actor whose career spanned six decades who had a net worth of $60 million dollars. Tony Curtis was born Bernard Schwartz on June 3, 1925 in New York City, New York. Curtis arrived in Hollywood in 1948 when he was 23 years old. When he was placed under contract at Universal Pictures, he changed his name from Bernard Schwartz to Tony Curtis. He had his greatest popularity as an actor and heartthrob during the 1950s and early 1960s. He acted in more than 100 films in roles covering a wide range of genres, from light comedy to serious drama. In his earliest parts he acted in a string of mediocre films, including swashbucklers westerns, light comedies, sports films, and a musical. He won his first serious recognition as a skilled dramatic actor in 1957’s “Sweet Smell of Success”. The following year he was nominated for an Oscar for Best Actor in another drama, “The Defiant Ones”. Curtis then gave what could arguably be called his best performance: three interrelated roles in the 1959 comedy “Some Like It Hot”. That was followed by Blake Edwards’s comedy. Curtis was married six times. Jamie Lee Curtis is his daughter.
Read More