Deirdre Wolhuter’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African actress
Is Actor
From South Africa
Type Film, TV, Stage & Radio
Birth

Canada, Canada

Deirdre Wolhuter (geb. in Kanada) is ‘n Suid-Afrikaanse TV-, rolprent- en verhoogaktrise. In 1989 het sy haar diploma in spraak en drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Sy is die dogter van ‘n Afrikaanse pa en ‘n Kanadese ma en sy is volkome tweetalig (Afrikaans en Engels). Haar man is die akteur en skrywer Jonathan Pienaar.

Op die verhoog het sy baie rolle vertolk, byvoorbeeld in Buitepos, King Lear, Kringe in ‘n bos, Macbeth, Die man met die dertien kinders, The Tempest.

Rolprente waarin sy optree is onder andere The Crane Man, Hoe duur was de suiker, Hollywood in my huis, Jimmy in pienk, ‘n Pawpaw vir my darling en Vir altyd.

Onder Wolhuter se karakters op TV is Franci Roos in Fluiters, Elsabet Langhans in Meeulanders en sedert 2016 Mariaan, die ma van die welgestelde Welman-familie, in SAUK2 se reeks 7de Laan.

In 2006 het sy ‘n Micheal Mac Liammoir award gekry vir haar rol in die toneelstuk Happy Endings Are Extra.

You May Also Like