Cora Marie’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African musician
Was Musician 
From South Africa 
Type Music 
Gender female
Birth 3 January 1953
Death 8 July 1994, Pretoria, South Africa
(aged 41 years)
Star sign Capricorn

Cora Marie, die verhoognaam van Cora Nell (1953–1994), was ‘n Afrikaanse country-sangeres. Sy reik oor haar loopbaan sowat 22 langspelers uit, waarvan 14 goue status behaal. Haar grootste treffers, waarmee sy bekendheid verwerf, was Gee haar ‘n roos en Mamma Leonie. Sy is in 1994, op 41-jarige leeftyd, aan kanker oorlede.

Biografie

Cora Nell is op 3 Januarie 1953 in Pretoria gebore. Sy was die jongste van vier kinders en het drie broers gehad (Bobby, Jimmy en Dennis). Haar pa is in ‘n motorongeluk oorlede toe sy een jaar oud was, waarna sy in ‘n kinderhuis in Springs geplaas is.

Sy het aan talentkompetisies begin deelneem by die Hellenic Hotel in Johannesburg wat sy telkemale gewen het. In 1974 neem sy haar eerste enkelspeler, Hasta Manjana, ‘n liedjie van ABBA, in Afrikaans op. Cora tree in September 1979 met die plateregisseur Corrie Myburgh in die eg.

In 1980 verwerf sy bekendheid met haar album Lang Verlang Kontrei, waarop haar grootste treffer Gee haar ‘n roos, verskyn. In 1981 span en haar sangmaat Kupido kragte saam en hulle neem sewe langspeelplate oor die volgende 11 jaar saam op.

Cora is op 8 Julie 1994 in die ouderdom van 41, na ‘n 2-jaar lange stryd teen kanker, oorlede. Sy laat haar man, Corrie Myburg, haar ma, Rina Heinlein, en drie aangenome seuns agter.

Cora Marie se biografie,”Gee Haar ‘n Roos-Die Lewensverhaal Van Cora Marie” (ISBN 978-1-920575-13-7) geskryf deur Shaun Mynhardt is op 7 Desember 2012 vrygestel.

In Maart 2015 het die bestuurder van haar bewonderaarsklub ‘n reeks Country Huldeblyk Konserte ter ere van Cora gereël. Op 28 Maart 2015 het kunstenaars soos Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Shaun Mynhardt en Clive Bruce spesiaal Kaap toe gevlieg om hulde aan Cora te bring. Die konsert was uitverkoop.

Op 31 Oktober 2015 is die tweede Country Legendes-Huldeblyk aan Cora Marie (weer deur Shaun Mynhardt gereël) in Pretoria, by die Centurion Teater aangebied. Hierdie konsert was nog groter met legendes: Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Vicki du Preez en Shaun & Philip Mynhardt wat hulde aan Cora Marie gebring het. ‘n Spesiale toekenning van die ATKV is postuum aan Cora Marie tydens hierdie glansgeleentheid oorhandig.

Diskografie

  • Platinum Country Treffers, 2008 EMI
  • Sing Vir Die Kinders, 2008 EMI
  • Die Lewenslied van Cora Marie, CRESCENDO
  • Laat My Net Lewe, 1991 TUSK
  • Liefde In Die Reën, 1991 TUSK
  • Ek Verlang Na Jou / My Grootste Wens 7, 1986 PANORAMA
  • Voorspoedige Lewensjaar / Min Dae 7, saam met Kupido, 1984 PANORAMA
  • 50 – 50 LP, saam met Kupido, CBS
  • Country in Harmonie, saam met Kupido, 1983 CBS INC/GRAMAPHONE CO/PANORAMA
  • Die Klokkespel, saam met Laurika Rauch, Johan Stemmet en Kupido, 1983
  • U Wil Sal Geskied
  • Roos Van My Hart / Ek’s ‘n Country Meisie 7, 1983 PANORAMA
  • Hartenbos / Vioolman 7, 1983 PANORAMA
  • Wat Kan Lekkerder Wees LP, saam met Leon Schuster, 1982 RPM
  • Gee Vir My ‘n Bietjie Country / Bou Op Jou Liefde 7, 1982 PANORAMA
  • Dankie Vir Die Roos / Ek Skryf ‘n Brief 7, 1981 PANORAMA
  • Monique / My Hart Sing Alweer 7, 1981 PANORAMA
  • Briefie Uit Die See / Die Held Van Transvaal 7, 1980 EXPLOSION
  • Lang Verlang Kontrei, 1980 PANORAMA
  • Ster Van Bethlehem / Tommy Kom Terug 7, 1979 EXPLOSION
  • Veg Vir Jou Land / Vreugde Op Die Plaas 7, 1979 EXPLOSION
  • Hasta Manana / Kon Ek ‘n Lied Tog Bring 7, 1974 IRC

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels

  • Amptelike webwerf van Cora Marie
  • Cora Marie Bewonderaarsklub op Facebook
  • Gee haar ‘n roos op YouTube
  • Mamma Leonie op YouTube
You May Also Like

Richard Karn’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Richard Karn net worth: Richard Karn is an American actor and game show host who has a net worth of $8 million. Born in Seattle, Washington, Richard Karn began acting in high school and graduated from college with a degree in Drama in the late 70s. He booked his first national commercial a week after moving to New York. After relocating to Los Angeles with his family in the late 80s, he found himself sitting next to an agent in a traffic safety course. The agent told him about auditions for “Home Improvement”. He ended up replacing the actor who was originally cast, when the actor’s schedule made it impossible for him to shoot the show. “Home Improvement” went on to make Mr. Karn a household name. Since then, he has appeared in multiple films and has worked for multiple shows as a host, including four seasons of “Family Feud”. He is the current host of “Bingo America”, and also serves as a substitute host for GSN Radio. Related Celebrities:Tim Allen Net WorthPatricia Richardson Net Worth
Read More