Cor Delfos’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African businessman
Was Businessperson 
From South Africa 
Type Business 
Gender male
Birth 21 June 1868, Rotterdam, Netherlands
Death 23 October 1933, Pretoria, South Africa
(aged 65 years)
Star sign Cancer

Cornelius Frederik (Cor) Delfos (Rotterdam, 21 Junie 1868- Pretoria, 23 Oktober 1933) was ‘n baanbrerker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf.

Delfos is in Nederland en Duitsland as passer en draaier en elektriese ingenieur opgelei. Hy en sy broer Johan besluit tydens ‘n besoek aan Pretoria om daar ‘n ingenieursbedryf te begin. Hulle werf vakmanne in Nederland en begin in 1892 die firma Gebroeders Delfos. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog vervaardig en herstel die firma wapentuig en produseer ammunisie. Gevolglik word Delfos na Nederland gedeporteer, maar keer na die oorlog na Pretoria terug.

Op hierdie stadium begin die firma kooks vervaardig en kry in 1916 vergunning van die stadsraad om ystererts by Waterval naby die stad te delf. Hulle stig hierop die maatskappy Pretoria Ystermyne Bpk. Steenkool is verkry van die Rogerstonmyn noord van die stad. Aanvanklik sukkel die bedryf weens die lae graad van beide die ystererts en die steenkool. In 1918 is die eerste hoogoond in bedryf en in 1921 lewer dit reeds 4000 ton yster.

Daarna stig hy in 1920 die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie Bpk. in Pretoria-Wes. Die nuwe firma het ook die Pretoria Ystermyne Bpk. oorgeneem. Pogings om die nodige kapitaal in die buiteland te verkry om op ekonomiese skaal yster en staal in die land te produseer, was vrugteloos. Ook die Suid-Afrikaanse regering was nie bereid om die nodige kapitaal te verskaf nie. In 1924 kom daar egter ‘n nuwe regering onder genl. J.B.M. Hertzog aan die bewind. Die nuwe regeerders is die ontluikende staalbedryf goedgesind en met Wet 11 van 28 Maart 1928 word Yskor gestig.

Die voorsitterskap van die nuwe Yskor word Delfos aangebied, maar sy onselfsugtige aard laat hom terugstaan ten gunste van dr. H.J. van der Bijl. Delfos sterf enkele maande voordat Yskor die eerste staal lewer. Sy rol as Suid-Afrikaanse nywerheidspionier word erken met die naam van die Cor Delfos-stasie en die borsbeedl van hom deur Anton van Wouw in die munisipale gebou Munitoria in Pretoria. Hy was jarelank lid van die skoolraad van die stad.

Lees ook

  • Kruger se Hollanders

Bibliografie

  • Ploeger, Jan: Nederlanders in Transvaal 1850-1950. Pretoria: J.L. van Schaik, 1994. ISBN 0-627-02446-7
You May Also Like

Randy Meisner’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Randy Meisner net worth: Randy Meisner is an American musician and songwriter who has a net worth of $15 million dollars. Born in Scottsbluff, Nebraska, Randy Meisner began playing professionally with a local band, before relocating to California in the mid-60s, to play with a band called, The Poor. From there, he began performing with the band, Poco. With Poco, he achieved his first moderate musical success, but after working primarily as a session musician, he returned to Nebraska to be with his family. In the early 70s, he was convinced to return to Los Angeles, where he immediately began working as part of Linda Ronstadt’s band. In the fall of 1971, he formed the Eagles with Don Henley, Glenn Frey, and Bernie Leadon, who were also musicians in Linda Ronstadt’s backing group. The Eagles went on to become an incredibly successful band. He performed with the group for their first six years, recording and writing some of their most popular songs, before returning to Nebraska to be with his family. He has enjoyed a moderately successful solo career since then.
Read More