| Intro | South African actor |
| Is | Actor |
| From | South Africa |
| Type | Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | male |
| Birth | 25 March 1957, Bothaville, South Africa |
| Age: | 63 years |
| Star sign | Aries |
Ben Kruger (25 Maart 1957 – ) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is veral bekend vir die rolle van Okkie Ferreira in Binnelanders, Neef Gert in 7de Laan en Sakkie Bezuidenhoudt in die SAUK2 se dramareeks, Zero Tolerance.
Biografie
Kruger is op 25 Maart 1957 in Bothaville in die Vrystaat gebore. Sy pa was pastoor in die plaaslike AGS gemeente en sy ma ‘n nooi van Bloemfontein. Op tweejarige ouderdom verhuis hulle na Kaapstad en op vierjarige ouderdom na Johannesburg waar hy sy skoolopleiding by die Hoër Seunskool Helpmekaar voltooi het.
Na skool het Kruger vir 18 maande diens in die Suid-Afrikaanse Vloot gedoen waarna hy sy B.A. (Drama) aan die Universiteit van Pretoria verwerf.
Verwysings
Eksterne skakels
- Kruger se amptelike webtuiste
- Videogreep waarin Kruger verskyn op YouTube