ATKV Goudini Spa, Worcester, South Africa

Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa vakansie oord met sy helende mineraalbaddens en te veel pretdinge om in een vakansie in te pas.
ATKV-Goudini Spa se verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak.
Aktiwiteite op die oord sluit in verskillende natuurlik verhitte swembaddens,warm water glyplank ,tennis- en vlugbalbane asook n speletjieskamer en natuurskoon stapplek.
Ook die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.
ATKV-Goudini Spa oord beskik oor ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon op die oord.

Address:

ATKV Goudini Spa

Wyzersdrift Road, Rawsonville, 6845, South Africa,
Worcester,

South Africa

You May Also Like