| Intro | South African opera singer | ||
| Is | Singer | ||
| From | South Africa | ||
| Type | Music | ||
| Gender | female | ||
| Birth | 4 March 1900, Kiel, Germany | ||
| Star sign | Pisces | ||
| Family |
|
Adelheid Armhold (gebore 4 Maart 1900 in Kiel) was ‘n sopraan. Sy is van ‘n Hollandse vader en Friese moeder gebore. Sy was deeglik onderlê in die sangtradisies van die Duitse, Franse en Italiaanse skole. Hoewel sy in Lieder gespesialiseer het, het sy ook groot welslae in operas behaal as Pamina (Die towerfluit) en Agathe (Der Freischütz) en andere.
Haar stem het geleidelik dieper geword en dit was as mezzo-sopraan dat sy aan die einde van 1939 ‘n aanstelling as senior lektrise in sang aan die Musiekkollege in Kaapstad aanvaar het. Hier het sy bekendheid verwerf as sangeres en as leermeesteres van bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Noreen Berry, Nellie du Toit, Zander Haagen, George van der Spuy, Désirée Talbot, Gé Korsten en andere. Aan die einde van 1965 het sy afgetree. Sedert die begin van 1977 is sy as sangonderwyseres werksaam aan ‘n musiekskool in Honolulu.
Sy was getroud met die bekende kunstenaar, professor Pranas Domšaitis.
Bronnelys
- Wêreldspektrum, Volume 2, bl.66, ISBN 0908409419